Leesplan inligting

Liefde Bly Staan Heilige WeekVoorbeeld

Love Remains Holy Week

DAG 5 VAN 8

Hematidrose: 'n seldsame toestand wanneer 'n persoon in uiterste stres of angs verkeer en bloed deur die porieë van die sweetkliere uitgeskei word. In Lukas 22:44 lees ons van Jesus se uiterste nood wat Hy beleef het in die ure voordat Hy gekruisig sou word — die besef van die fisiese pyn wat Hy sou moes verduur, die las van die wêreld se sonde wat Hy moes dra en die geestelike pyn om van God verlate te wees, het Hom bloed laat sweet. 



Tog — liefde.



Jesus het nie oorgegee aan die vrees nie. Hy het nie weggeskram van die taak wat Hom opgelê is nie, maar het dit die nag deur verduur. Met watter doel? Liefde. Sy liefde vir God en God se liefde vir ons is so groot dat Jesus alles verduur het sodat liefde vervul kon word. 



Lees weer Lukas 22:39-45 en vra jouself af wat God in hierdie feestyd vir jou wil sê. 








Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Love Remains Holy Week

Dit is moeilik om ons voor te stel wat Jesus in die dae voor die kruisiging gedink of gevoel het, maar van een ding is ons seker — die vertroue en versekering wat Jesus het in die goeie en getroue liefde van God. Gaan ge...

More

Ons wil graag vir World Relief bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldrelief.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid