Leesplan inligting

Die Karakters van Paasfees: Simon PetrusVoorbeeld

The Characters of Easter: Simon Peter

DAG 4 VAN 10

Jesus het Petrus beter leer ken omdat Hy hom by sy huis besoek het (Lukas 4:38) om sy skoonmoeder se koors te genees, wat nie in daardie tyd voor pynpille, antibiotika en vaksines, 'n nietige kwaal was nie. Mettertyd het Petrus se huis 'n bymekaarkomplek geword soos die nuus van die nuwe rabbi dwarsdeur Kapernaüm versprei het en wanhopige mense op soek na genesing en hoop, daarheen gegaan het. 



Vir Petrus was dit 'n nuwe ervaring, want in sy tyd het blindes nie gesien nie. Kreupeles het nie geloop nie en demone is nooit uitgedryf nie. 



Eendag nadat Petrus 'n onsuksesvolle nag van visvang agter die rug gehad het, verskyn Jesus weer op die strand en mense begin saamdrom, gretig om na sy onderrig te luister. Jesus vra die broers toe of Hy van hulle boot af die groeiende skare kan onderrig. So word die smerige, onwelriekende boot 'n verhoog vir die Seun van God. Nadat die skare uitmekaar is, dring Jesus by die manne aan om hulle nette weer uit te gooi. 



Volgens die Skrif het Petrus hom vir hierdie voorstel vervies en ons kan dit verstaan. Wanneer 'n amateur in jou gebied van kundigheid begin raad gee, maak dit jou warm onder die kraag. Hierdie manne het die meer beter as enigeen geken. Hulle was bedrewe vissermanne wat reeds hulle hele lewe lank die strome leer ken het en kon onderskei waar die skole vis was en presies geweet het waar om hul nette uit te gooi en wanneer om dit weer in te trek. Hier was hulle die kenners, want dit was waar hulle hul brood verdien en hul lewens geslyt het. Jesus aan die ander kant, was goed met wonderwerke en boodskappe, maar hoekom wou Hy nou in hulle sake inmeng? Alhoewel Petrus niks gesê het nie, ken jy waarskynlik hierdie soort interne gesprek: "Jesus, U weet niks van visvang af nie. Ek vang my lewe lank al vis. Dis eenvoudig nie 'n goeie dag vir visvang nie. Ons sal môre terugkom en weer probeer." 



Wat hierna gevolg het, was 'n wonderwerk. Dit was 'n voorspelling van Petrus se toekomstige lewe. Hy was die leë net wat God eendag met geestelike krag sou vul om vir duisende mense op Pinkster te preek, die vroeë kerk te lei en twee Bybelboeke van geïnspireerde waarhede te skryf. 



Dit was Petrus se wonderwerk. 'n Leë net en leë meer wat skielik, onverklaarbaar, vol vis is. Petrus het die see geken, maar Jesus het die see geskep


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Characters of Easter: Simon Peter

Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en le...

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek https://www.moodypublishers.com/the-characters-of-easter/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid