Leesplan inligting

Die Karakters van Paasfees: Simon PetrusVoorbeeld

The Characters of Easter: Simon Peter

DAG 5 VAN 10

As volgeling van Jesus, het Petrus Hom vergesel deur Galilea en Judea en na plekke waarvan hy nooit kon droom nie. Melaatses is genees. Verlamdes loop weer. Blindes kan weer sien. Hy het gesien hoe Jesus 'n diensmeisie uit die dood opgewek het. Petrus was twee keer teenwoordig waar die Skepper God 'n seuntjie se middagete vermeerder het om duisende honger, desperate mense te voed, met nog kos wat oorgebly het. Dan was daar die keer toe Jesus uit sy middagslapie wakker geword het om sy dissipels van skipbreuk te red deur bloot met die see te praat, ja praat, om 'n onstuimige see in 'n oogwink na 'n spieëlgladde see te verander. 



Dalk is daar niks wat die drie-jaar reis vir hierdie visserman-volgeling beter kan saamvat nie as die woorde wat hy geuiter het in antwoord op 'n kwelvraag. Nadat duisende mooiweer-volgelinge uit hul beweging weggeval het weens die strenge onderrig, het Jesus 'n baie menslike vraag aan die dissipels gerig: "Wil julle nie ook weggaan nie?" (Johannes 6:67). Jesus, die Seun van God, het geweet wat sy opdrag is en was op reis na die kruis, maar Jesus, die Man van pyn en lyding, was seergemaak dat mense hom verwerp het. Op hierdie oomblik het Petrus gereageer:



Simon Petrus antwoord: "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is" (Johannes 6:68-69).



Na wie toe sal ons gaan? Dis hoekom ons gedurende Lydenstyd na 'n bebloede kruis en leë graf kyk; hoekom ons Sondagoggende, week in en week uit opstaan; hoekom ons vermoeid en bedroef en van alles onseker na Jesus in 'n deurmekaar gebed kom. Ons het nêrens anders om heen te gaan nie, niemand anders om ons na te wend nie. Net Jesus besit die woorde wat ewige lewe gee. 



In Petrus was 'n klein saadjie van geloof wat deur die Gees van God in hom geplant is. Ons weet dit is so, want ons lees sy dapper woorde van bevestiging dat Jesus die Christus is, die gesalfde Een van wie die profete in die Ou Testament getuig het. 



Jesus het hom geantwoord dat Hy op hierdie rots — ja, op Petrus die impulsiewe, ongeduldige en onvolmaakte dissipel — sy kerk sou bou. Petrus en die ander dissipels sou apostels word wat 'n nuwe tydperk van heilsgeskiedenis sou inlui.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Characters of Easter: Simon Peter

Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en le...

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek https://www.moodypublishers.com/the-characters-of-easter/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid