Leesplan inligting

Die Karakters van Paasfees: Simon PetrusVoorbeeld

The Characters of Easter: Simon Peter

DAG 1 VAN 10

Toe Jesus vir Simon ontmoet het, was hy nie die Petrus wat ons ken nie, die heilige na wie kinders en kerke vernoem is nie. Hy was Simon en hy was nie juis op soek na Jesus nie. Inteendeel, as kommersiële visserman, was hy besig met sy werk aan die oewer van die Gennesaret-meer. Simon en sy broer Andreas, was deel van 'n gemeenskaplike groep vissers, saam met twee ander broers, Jakobus en Johannes. Die broers was net bekend met die Galilese oewer omdat hulle in Betsaida teen die noordwestelike oewer grootgeword het. 



Volgens alle verslae, het Simon in Kapernaüm floreer deur 'n bestaan te maak met vis wat hy na die mark gebring het om plaaslik verkoop te word, of dis na Damaskus verskeep langs die Romeinse hoofweg om na hawens regoor die Romeinse Ryk tot by die Middellandse See uitgevoer te word. Hy het 'n huis besit en was getroud (Lukas 4:38-39). Dit wil voorkom dat Simon nie juis ryk of arm was nie, maar wel 'n gemaklike lewe gelei het. Hy was maar net soos ons: 'n doodgewone ou in 'n doodgewone plek, in wat hy aangeneem het, 'n doodgewone tydperk was. 



Jesus se bediening was hoofsaaklik in die streek van Galilea. Sy mense was reguit, sout-van-die-aarde en hardwerkend. Die Galileërs het nie juis tyd gehad vir die hooggeplaaste, gesofistikeerdes in Jerusalem nie, en hierdie gevoel was wederkerig. As seun uit Nasaret in die suidwestelike deel van die Galilese streek, het Jesus Kapernaüm sy basis gemaak. Net soos God 'n nederige plek — Betlehem — vir Jesus se koms na die wêreld gekies het, het die Meester Vakman verkies om sy nuwe beweging uit die ruwe en harde mense van Galilea te bou. Dit was nou nie waar jy gewoonlik rekrute sou werf vir die bou van 'n nuwe beweging wat die wêreld moes skud nie, maar Christus kry dikwels sy dissipels van verafgeleë plekke. 



Ons weet nie presies wanneer Jesus daar aangekom het nie. Het Hy ooit by Simon in die mark verbygeloop of langs hom in die sinagoge gesit? Gedurende die alledaagse omgang sou hulle nie enigiets ongewoon oor die nuwe timmerman in hul midde opgelet het nie. Jesus het nie 'n stralekrans bo sy kop gehad of 'n pyltjie wat na sy gesig wys sodat mense kon sien Hy is die Seun van God nie. Dit wil voorkom dat Jesus geduldig vir Petrus gevolg het deur van tyd tot tyd kontak te maak — net soos Hy ook na ons almal kom, met 'n gesprek hier en 'n gesprek daar. Moet egter nie daaraan twyfel dat die "Hemelse Jaghond", soos C. S. Lewis en die digter Francis Thompson, Hom genoem het, hardnekkig die Galilese korrelkop nagejaag het nie. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Characters of Easter: Simon Peter

Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en le...

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek https://www.moodypublishers.com/the-characters-of-easter/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid