Leesplan inligting

Die Karakters van Paasfees: Simon PetrusVoorbeeld

The Characters of Easter: Simon Peter

DAG 6 VAN 10

Die Paasverhaal kan nie vertel word sonder om na Petrus se verstommende verloëning te verwys nie. 



Hoe kon 'n toegewyde dissipel skielik sy rug op Jesus draai? Ek dink, om dit te verstaan, moet ons op daardie tragiese vroeë oggend in sy sandale gaan staan. Die toneel van die verloëning breek aan na 'n lang emosionele week wat met groot belofte en vreugde begin het. 



Die week begin op 'n hoogtepunt toe Jesus triomfantlik die stad op 'n donkie binnekom en deur skares palmtak-swaaiende ondersteuners as die Koning van die Jode bestempel word. Met hierdie intog, het Jesus Sagaria se profesie vervul om as 'n onortodokse toekomstige koning nie in 'n strydwa nie, maar op 'n nederige donkie Jerusalem binne te ry. 



Soos die dae verbygegaan het, was daar 'n toenemende gevoel van onheil. Daar was fluisteringe dat die godsdienstige leiers saamsweer en geheime planne beraam om Jesus en die dissipels vas te trek. Dit moes Petrus en die ander dissipels gefrustreer het dat Jesus ongeërg daaroor was en niks gedoen het om die gevaar te beheer of om terug te veg nie. Soms het dit gelyk asof Jesus die verdeeldheid vererger deur die handelaars en die geldwisselaars uit die tempelplein te verjaag en te voorspel dat Herodes se manjifieke tempelgebou, Israel se bron van nasionale trots, binnekort vernietig sou word. 



Die hoogtepunt is bereik toe Jesus en die dissipels die pasga in 'n bovertrek geniet het wat deur Petrus en Johannes voorberei is. Dit het al die elemente van 'n tipiese paasmaaltyd gehad, behalwe dat Jesus voortgegaan het om oor sy eie inhegtenisneming en dood deur sy vyande te praat. Petrus het waarskynlik gewonder hoe 'n koning kon regeer as Hy so ooglopend sy lot van naderende gevangenskap aanvaar het? Jesus het egter voortgegaan en gesê dat Hy hulle gaan verlaat en die Gees van God sal stuur, 'n vooruitsig wat hulle hartseer en 'n bietjie vies gemaak het. 



Petrus het alles verlaat en sy hoop daarop gevestig dat Jesus die komende Messias is. Hoe kon die Messias egter nou toelaat dat Hy gevang en doodgemaak word? Petrus moes homself waarskynlik gerusstel dat hy dit nie sou toelaat nie. Hy sou veg en sy lewe opoffer om sy Meester te beskerm. Dit het egter nie gelyk of Jesus met Petrus se misverstand saamstem nie. Hy het in somberheid voorspel dat al die dissipels Hom sou verlaat en dat een Hom selfs sou verloën. Dit was asof Hy op 'n manier in Petrus se siel kon sien soos Petrus homself nie kon sien nie.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Characters of Easter: Simon Peter

Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en le...

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek https://www.moodypublishers.com/the-characters-of-easter/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid