Leesplan inligting

Die Karakters van Paasfees: Simon PetrusVoorbeeld

The Characters of Easter: Simon Peter

DAG 10 VAN 10

  



Petrus se lewe is werklik een van leegheid en vervulling: leë nette, leë self, leë graf. 'n Leë net is 'n teken van professionele mislukking en vir 'n suksesvolle Galilese handelaar was daar geen groter teken van verlies as 'n leë net nie. 'n Leë net beteken daar is niks om te verkoop en te verhandel nie. Dit het 'n leë beursie, leë maag en 'n leë huis beteken. Jesus het in Petrus se lewe gekom, heel aan die begin van hierdie oproep tot bediening — en het heel aan die einde Petrus se leë nette gevul. 



Dit was maar net 'n geringe manier waarop Christus die leë plekke in Petrus se lewe sou vul. Petrus se siel was ook daardie dag op die strand van alle hoop ontneem. Hy het Jesus op die ergste moontlike manier in die kritieke oomblikke gefaal. Die nuus van die opstanding was bittersoet. Soet, in die sin dat die Een vir wie hy lief was, nie deur Romeinse spykers en die duiwel se planne teruggehou is nie. Bitter, omdat Petrus die feit dat hy sy Vriend verraai het, in die gesig moes staar. Tog was dit nog 'n leë plek — 'n geleende graf buite die stadsmure — wat die skande in die siel van hierdie dissipel genees het. Jesus het, toe hy uit die graf gestap het, die oorwinning oor die sonde betree, die sonde wat harte bedorwe maak en van trotse mans lafaards maak. Gestroop van sy selfversekerdheid, vry van valse selfvertroue, verlos van trots, kon Petrus nou met 'n ander soort krag gevul word, die krag wat hom in staat gestel het om godsdienstige boelies te weerstaan, die evangelie aan duisende te verkondig en op 'n dag onderstebo gekruisig is vir dieselfde Here wat hy vroeër verraai het. 



Wat het Petrus hierdie moed gegee? Daardie kyk van Jesus in sy oomblik van pyn. Dis dieselfde soort redding wat aan ons moed gee. Jare later, as 'n ouer apostel, skryf hy: “Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.” (1 Petrus 2:24)



Eers wanneer ons nette leeg is, wanneer al die selfreddende, selfregverdigende en selfbevredigende godsdiens verdwyn het en ons 'n volslae laagtepunt bereik het, kom Jesus en vul ons met bonatuurlike genade om sy lewe deur ons te laat leef. 



Ons hoop jy het hierdie 10-dag leesplan van Dan Darling geniet. Om meer te leer oor die boek: "Characters of Easter", of om vir Dan se nuusbrief in te teken, besoek danieldarling.com/ 


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

The Characters of Easter: Simon Peter

Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en le...

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek https://www.moodypublishers.com/the-characters-of-easter/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid