Leesplan inligting

Die Karakters van Paasfees: Simon PetrusVoorbeeld

The Characters of Easter: Simon Peter

DAG 3 VAN 10

Ek dink baie aan daardie eenvoudige woorde wat Andreas die dag gesê het. Ons het die Messias gekry. Ek dink aan my eie pa wat hierdie woorde by my tante gehoor het toe sy 'n evangelis, Billy Graham, dit op TV hoor sê het. My pa het daardie paadjie in 1971 in Chicago geloop om die toekomsplan van sy probleemgesin te verander. Ek is vandag hier en skryf oor Paasfees, want my pa het daardie woorde gehoor en dit aan 'n jong Joodse meisie gesê wat sy vrou sou word, 'n moeder wat eendag vir haar seun sou sê: Ons het die Messias gekry. 



Johannes het gepreek en Andreas het geluister. Johannes het na Jesus gewys en Andreas het Hom gevind. Dit is hoe die evangelie jou en my bereik. God stuur iemand na ons toe: 'n stem op die radio, 'n weggegooide traktaatjie, 'n vriend wat volhard. 



Simon het dit nie geweet nie, maar sy lewensverhaal is geskryf nog voordat hy gebore is. Dit het dertig jaar tevore kilometers ver in kleine Betlehem begin, toe 'n arm timmerman en sy vrou aan die deur van 'n herberg geklop het, smekend vir 'n plek waar hul baba gebore kon word. Simon se verhaal het begin by 'n ou priester, Sagaria en sy vrou Elizabeth, wat wonderbaarlik swanger geword en 'n kind gehad het wat as profeet bestem is. Jesus, Johannes die Doper en Simon se paaie sou kruis, nie per ongeluk of deur die noodlot nie, maar deur die toedoen van God se stille vingers. Die volheid van die tyd sou by 'n niksvermoedende jong visserman voltrek word. 



Dit was op die dag toe Simon onwillig gevolg het dat die entrepreneur visserman, in Jesus se woorde, Petrus geword het — wat "rots" beteken (Matteus 16:18). Ja, die een wat teësinnig na Jesus geneem is, sou 'n pilaar van God se nuwe beweging in die wêreld word; sou in die heilsgeskiedenis geskryf word as een van die twaalf apostels en twee briewe skryf wat deel van die Heilige Skrif sou word. 



Jesus se naaste metgeselle, met die opdrag om die kerk te stig, sou nie uit die beste rabbynse skole, die opgevoede skrifgeleerdes of adellikes uit Herodes se hof geroep word nie, maar sou soos soveel van Israel se leiers uit die geledere van gewone mense kom. Dit kom voor dat die koninkryk van God wegbeweeg van plekke van mag na die onaangekondigde, ongesiene en ongekwalifiseerde. Die timmerman koning, gebore in armoede aan die teenoorgestelde kant van die adel, soek sy volgelinge onder diegene wat nie deur die wêreld raakgesien word nie. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Characters of Easter: Simon Peter

Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en le...

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek https://www.moodypublishers.com/the-characters-of-easter/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid