Leesplan inligting

Wat is Waarheid?Voorbeeld

What Is Truth?

DAG 7 VAN 7

Julle Het Gehoor Daar is Gesê …



Om onderskeidingsvermoë aan die dag te lê, is van onskatbare waarde. Koning Salomo, een van die wysste mense wat die aarde bewandel het, beskryf die soeke na onderskeidingsvermoë en kennis as die wysste ding wat enigiemand kan doen. Vandag gaan ons konsentreer op sekere “kulturele waarhede” van ons dag in die lig van die waarheid. 



Jesus (wat die waarheid self is), het gereeld kulturele sieninge van die dag onderstebo gekeer. Die bergrede is grootliks ‘n versameling van Jesus se regstellings van ons wanopvattings oor hoe om werklik as kinders van God te lewe. Matteus wys ons op die eerste wanopvatting waar Jesus sê:



“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg …” Matteus 5:43-44. 


Julle het gehoor daar is gesê "… maar Ek sê …" Waar moet ons hierdie woorde vandag aan ons eie lewens toets en dit toepas?



Jy het seker ook hierdie wanopvatting gehoor dat jy kan doen wat jou ook al gelukkig maak. Dit klink baie lekker, nè? Asof die Here so baie vir my omgee, dat ek enigiets kan doen om gelukkig te wees. Jesus het egter nooit gesê: “doen dit wat jou gelukkig maak” nie; Hy beveel ons wel om soos Hy heilig te wees. Hy berei ons voor deur te sê: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin" Johannes 16:33. Ons verhaal het ‘n gelukkige einde, maar indien Jesus net gedoen het wat Hom gelukkig gemaak het, sou Hy nooit onderdanig wees en ‘n marteldood aan die kruis gesterf het nie — en ons sou sonder hoop gewees het. Die waarheid is dus dat ons nie geroepe is om ons eie idee van geluk na te jaag nie, maar eerder om ‘n identiteit van heiligheid na te streef.



Hier is nog 'n wanopvatting. Julle het seker al gehoor om eerste na "nommer een" om te sien; dat jy wat ook al nodig is moet doen om te wen. Weereens kan jy in die versoeking kom om hierdie denkrigting na te jaag. Buitendien, God help mos diegene wat hulle self help? Nee, Jesus en sy getroue volgelinge daag ons herhaaldelik uit om net die teenoorgestelde te doen. Petrus sê:



"Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het" 1 Petrus 5:6.


Paulus skryf verder:


"Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander" Filippense 2:3-4.


Die waarheid is dus dat die lewe nie daaroor gaan om altyd die voorsprong te behaal nie; om werklik te lewe, is om God te vertrou en ander met opregte nederigheid te behandel.  



Op grond van hierdie regstellings sien ons, wanneer ons kennis van die waarheid stewig in die persoon van Jesus gegrond is, ons enige kulturele idees van ons dag kan meet in die lig van wie Hy is, wat in pas met Hom is, om dit met vertroue na te volg en om te verwerp wat nie is nie. Om die Waarheid te ken, vir Jesus te ken, maak ons vry om met 'n spesiale versekering te leef in 'n wêreld wat steeds Pilatus se eeue-oue vraag vra: Wat is Waarheid?


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

What Is Truth?

Is dit my waarheid of die reine waarheid? Wat gebeur wanneer daar konflik tussen die twee ontstaan? Hoe sal ons weet of iets regtig waar is of nie? Sluit die volgende sewe dae by ons aan om te ondersoek of die waarheid n...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid