Leesplan inligting

Wat is Waarheid?Voorbeeld

What Is Truth?

DAG 6 VAN 7

Hoe weet jy?



Die laaste paar dae het ons die antwoord op die vraag: “Wat is waarheid?” gekry. Ons het oral gevind dat die waarheid onlosmaaklik deel van Jesus is. Die Oorspronklike. Omdat Hy Waarheid is, is daar dinge waarvan ons seker kan wees. Eerstens, waarheid dui op verhoudings. Ons kan Waarheid ken omdat ons Jesus kan ken. Tweedens, die waarheid is onveranderlik. Omdat Jesus nooit verander nie kan waarheid ook nie verander nie. Derdens, waarheid is lewegewend. Jesus is nie net die bron van waarheid as die Oorspronklike nie, maar ook die bron van lewe. Beide is kenmerke van sy ewige aard. 



Ons het ook 'n paar eienskappe bespreek wat nié waarheid is nie. Dis nie ondermynend nie. Leuens hou jou gevange, waarheid gee ons vryheid. Waarheid word ook nie gebruik om mag oor ander te kry nie. Die feit is, die doel van waarheid is heeltemal die teenoorgestelde. Waarheid laat ons toe om ons lewens in ooreenstemming met die werklikheid as fondament te bring. 



Ons weet wat waarheid is en wat nie, maar jy kan dalk wonder hoe om te onderskei of iets werklik waar is. Dis 'n goeie vraag. Ons weet dat die grootste leuens kan klink asof dit regtig waar is. Hoe kan jy dus seker wees?



Wanneer ons onseker is of ons die regte antwoord het, kan ons dit met die antwoordgids vergelyk. Wanneer jy byvoorbeeld wil sekermaak of jy die regte kleur verf, hou jy dit langs die voorbeeld wat jy gekies het, (hopelik) voordat jy die mure begin verf. Dis juis die punt, jy het iets om dit mee te vergelyk. Wanneer ons onseker is of iets waar is, is die eerste ding wat ons moet doen om dit langs die Oorspronklike te hou. Lyk dit soos Jesus? Is dit in ooreenstemming met sy karakter en aard? 



As dit nie in pas met Jesus is nie, is dit ook nie in pas met Waarheid nie, want hulle is presies dieselfde. Is jy steeds onseker? Dink na oor die vrug of die idee waarmee jy worstel. Waarheen sal dit lei? Wat is die resultate? Waarheid lei na vryheid en lewe, nie na skande en gevangenskap nie. Is daar goeie vrug en 'n florerende lewe aan die ander kant van dit waaroor jy onseker is?



Laastens, soms verhinder ons eie begeertes ons om waarheid te onderskei. Om eerlik te wees, ons wil hê sekere goed wat glad nie waar is nie, moet waar wees. Ons wil byvoorbeeld graag glo ons maak keuses in 'n vakuum en indien ons keuses iemand raak, dit net onsself is. Ons wil hê dit moet waar wees wanneer ons verbrou en iets regtig dom doen — ons wil nie met die pyn en skuldgevoelens sit wanneer ons ander seermaak nie. Die feit is, geen keuse raak net onsself nie. Selfs die "geheime" keuses veroorsaak 'n leemte of 'n weerloosheid tussen jou en diegene naaste aan jou, dit beroof julle van intimiteit in jul verhouding. 



Net omdat ons graag wil hê iets moet waar wees, beteken nie dis waar nie. 'n Maklike manier om te onderskei of iets waar is, is om te leer hoe om ons eie begeertes te skei van die fondament van werklikheid. Ons moet van buite af kyk. Ons moet eerder na Jesus kyk — die Begin en Voleinder van ons geloof. Hoe weet ons of iets waar is of nie? Ons vergelyk dit met die Oorspronklike, ons kyk na die vrug en ons soek die bron wat buite ons eie begeertes is. 



Uitdaging: Toets dit vandag en kweek 'n gewoonte om alles te toets met die volmaakte waarheidsfilter: Jesus. Waaroor praat almal nou op sosiale media of wat word nou daar versprei? Het jy iets gekry? Vergelyk dit nou met die Oorspronklike. Dink waarheen dit lei. Bevestig die bron. Wil jy hê dit moet waar wees of is dit regtig waar? Maak notas van jou proses en nooi Jesus om jou sy stem te laat hoor.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

What Is Truth?

Is dit my waarheid of die reine waarheid? Wat gebeur wanneer daar konflik tussen die twee ontstaan? Hoe sal ons weet of iets regtig waar is of nie? Sluit die volgende sewe dae by ons aan om te ondersoek of die waarheid n...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid