Leesplan inligting

Wat is Waarheid?Voorbeeld

What Is Truth?

DAG 3 VAN 7

Lewe, Vryheid en die Strewe na Geluk



Omdat die waarheid in die persoon van Jesus geanker is, kan ons vol vertroue wees dat dit beide met verhoudings verband hou en onveranderlik is. Dit is nie een of ander onbekende en onkenbare geheimenis van die heelal nie. Dit is ons baie werklike, persoonlike Verlosser, Jesus. 



Nog iets aangrypend van Jesus is: Hy is ons lewensbron. In Johannes 1:1 het ons gesien Jesus is die Eerste — Hy is God en was reeds van die begin by God. Die gedeelte sê verder:



"Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense" verse 3-4.‬‬


Wat beteken dit? Lewe word in Christus gevind. Onthou ook later verklaar Jesus duidelik: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe …” Johannes 14:6. Dit beteken dat beide waarheid en lewe in Jesus gevind word. Hy is die bron van albei. Johannes maak dit duidelik in hierdie gedeeltes dat ons nie waarheid en lewe kan skei nie. As ons dus kies om Jesus as die Waarheid te verwerp, verwerp ons Hom ook as die Lewe. Omdat hierdie eienskappe van sy karakter nie soos 'n uitrusting is wat ons kan saamstel soos ons goeddink nie, is hulle ewige eienskappe van ons onveranderlike God. 



Verder, die besluit om God as die outeur van lewe, waarheid en van die werklikheid te verwerp, het verwoestende gevolge. Dit is presies wat heel aan die begin van die Bybelse vertelling gebeur het. Adam en Eva het die keuse gekry om vrylik onder God se voorgeskrewe werklikheid te lewe óf om waarheid te herdefinieer om by hulle eie begeertes in te pas. Die werklikheid, soos God dit gedefinieer het, het hulle toegelaat om in hierdie perfekte tuin te woon waar hulle intiem met God en mekaar gelewe het. Genesis 2 vertel ons dat Adam en Eva naak was, maar geen skaamte geken het nie. Kyk egter wat gebeur die oomblik wat hulle die waarheid probeer buig om by hul eie begeertes in te pas:  



“Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin” Genesis 3:8.


Skaamte kom die verhaal binne, daarom kruip hulle weg vir die God met wie hulle geskape is om so naby te leef. Hulle ervaar die pynlike verlies van die lewe wat God ons geskep het om te hê, want wanneer ons onsself van Waarheid afsny, sny ons onsself ook van die Lewe af.



Uitdaging: Dink aan die areas in jou lewe waar jy in die versoeking kom om die waarheid te bepaal op grond van jou eie begeertes. Wanneer ons, ons begeertes vir sy waarheid vervang, verruil ons ook God se voorgenome werklikheid vir skaamte en vrees om in ons lewens te heers. Waarheid en lewe is onlosmaaklik verbind omdat hulle dieselfde bron deel — Jesus. Hoe kan jy vandag kies om jou begrip van waarheid stewig in die Persoon van Jesus te vestig? Hoe kan daardie besluit die areas van versoeking beïnvloed wat jy hierbo geïdentifiseer het?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What Is Truth?

Is dit my waarheid of die reine waarheid? Wat gebeur wanneer daar konflik tussen die twee ontstaan? Hoe sal ons weet of iets regtig waar is of nie? Sluit die volgende sewe dae by ons aan om te ondersoek of die waarheid n...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid