Leesplan inligting

Wat is Waarheid?Voorbeeld

What Is Truth?

DAG 4 VAN 7

Vryheid!



Wanneer jy vir Jesus ken, ken jy Waarheid. Hierdie waarheid is werklik, gefokus op 'n verhoudingslewe, dis onveranderlik en lewegewend — want dis ten volle toegedek deur Jesus self — wat ons bron is. Ons het gesels oor die gerusstellende wete dat die waarheid nie eiewys of onderling bepaalbaar is nie, maar eerder betroubaar en kenbaar. Dis 'n verhouding wat daagliks die middelpunt van ons lewens kan wees. Nie verleen dit ons net die gerusstelling van stabiliteit nie, maar die waarheid en vryheid loop hand-aan-hand.



Dis van uiterste belang om die waarheid te verstaan soos deur God in ons verhouding met Hom gedefinieer, want net soos Adam en Eva in Genesis 3, kan ons ook versoek word met die leuen dat die waarheid beperkend en onderdrukkend is. Toe Adam en Eva die keuse gemaak het om die slang te glo, het hulle dus met die slang saamgestem dat God iets van hulle weerhou. Ons kan duidelik sien dat dit nie die geval was nie, want God wou net sy kinders keer om nie van Hom afgesny te word nie – om die chaos en dood te vry te spring wat volg wanneer ons van die bron van orde en lewe geskei is. Hierdie leuen is werklik kragtig.  



Leuens hou ons gevange. Dit vang ons vas in ‘n bose kringloop van toesmeer, geheime hou, verslawings, skande en afsondering. Waarheid het heeltemal die teenoorgestelde uitwerking. Dis nie beperkend of onderdrukkend nie; dit maak jou vry.



Jesus het aan die Jode wat in hom geglo het gesê: "... As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” Johannes 8:31-32.


Verstaan jy dit? Om die waarheid te ken maak ons vry! Hierdie vryheid spruit uit ons nabyheid en vertroue in Jesus (wat die Waarheid is). Om in waarheid te lewe, beteken nie net die onderhouding van ‘n lys reëls nie; inteendeel, jy het ‘n vreugdevolle verhouding met die Verlosser, met die Een wat self gevangenes bevry. Tydens ‘n preek in die sinagoge, vroeg in sy bediening, haal Jesus die profeet Jesaja so aan: 



“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur" Lukas 4:18.


Dan gaan Jesus voort om te verduidelik dat die beskrywing van die Messias sy lewensverhaal is – dis wie Hy is en wat Hy kom doen het: om mense vry te maak .  



Moenie in die strik van die eeue-oue leuen trap wat jou wil versoek om waarheid te verwerp asof dit jou terughou nie. Dis nie waar nie. Waarheid het ‘n gesig en dis Jesus s'n. Die Een wat ons van ons selfgemaakte tronke vrymaak.



Uitdaging: Identifiseer 'n leuen wat jou weerhou om voluit te lewe soos God vir jou beplan het. Dit kan dalk iets klein wees wat jou verhoudings subtiel beïnvloed. Dit kan iets massief wees waarmee jy reeds lank sukkel. Skryf dit neer en soek in die Woord van God na die waarheid wat jou daarvan sal vrymaak. Maak ‘n punt daarvan om die vers wat God vir jou gee te memoriseer sodat jy jouself elke keer kan herinner wanneer jy deur daardie leuen versoek word.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

What Is Truth?

Is dit my waarheid of die reine waarheid? Wat gebeur wanneer daar konflik tussen die twee ontstaan? Hoe sal ons weet of iets regtig waar is of nie? Sluit die volgende sewe dae by ons aan om te ondersoek of die waarheid n...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid