Leesplan inligting

Wat is Waarheid?Voorbeeld

What Is Truth?

DAG 1 VAN 7

Wat is Waarheid?



Wonder jy ooit waar die waarheid is? Met al die fopnuus en verskillende menings, lyk dit of elke kant sy eie weergawe van waarheid en idees het waarin ons moet glo. Dit kan frustrerend, angswekkend, en verwarrend wees om koers te hou tussen al die kastige feite waarmee ons gedurig bestook word.



Pilatus, die Romeinse goewerneur wat Jesus ondervra het tydens sy verhoor, het hierdie spanning gevoel en in ontsteltenis uitgeroep: “Wat is waarheid?



Hy het nie besef hy het letterlik Waarheid in die oë gekyk nie. Jesus, het in Johannes 14:6, gesê dat Hy die weg, die waarheid, en die lewe is. Dit beteken waarheid is nie net 'n “wat,” nie maar 'n “wie”. Waarheid het 'n naam en 'n gesig, en daardie naam is Jesus.



Hoe kan Jesus met soveel vrymoedigheid beweer Hy is die Waarheid? Waarheid word gedefinieer as wat met die oorspronklike versoenbaar is of wat in werklikheid so is.. In Johannes 1, lees ons:



"In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God" Johannes 1:1-2.


Wat beteken dit? Jesus was in die begin by God en Hy is God! Daarom is Jesus dus meer as enige iemand of enigiets versoenbaar met wat oorspronklik is, want Hy is dié Oorspronklike! Hy was daar van die begin af.



Omdat die waarheid onlosmaaklik deel van Jesus is, is daar dinge wat ons beslis kan weet. Eerstens, daardie waarheid is van niks afhanklik nie. Dis relasioneel. Dit beteken, ons weet dat die waarheid gebaseer is op ons verhouding met die Een wat Waarheid is. Met ander woorde, waarheid is nie wat ons ook al wil hê dit moet wees, of hoe ons voel, of selfs wat die kulturele siening op enige tydstip voorskryf nie. Waarheid is geanker in Jesus, wat ons uitnooi om 'n verhouding met Hom te hê. Ons kan die Waarheid ken, omdat ons Jesus kan ken.



Uitdaging: Die eerste stap om die waarheid te ontdek, is die begin van 'n verhouding met Jesus, die Oorspronklike. Watter stappe kan jy vandag doen om jou verhouding met Hom te bou of te versterk? Antwoord die vraag in 'n gebed. Vra vir Jesus om jou oor die volgende paar dae te ontmoet daar waar jy is.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Is Truth?

Is dit my waarheid of die reine waarheid? Wat gebeur wanneer daar konflik tussen die twee ontstaan? Hoe sal ons weet of iets regtig waar is of nie? Sluit die volgende sewe dae by ons aan om te ondersoek of die waarheid n...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid