Leesplan inligting

Wat is Waarheid?Voorbeeld

What Is Truth?

DAG 2 VAN 7

Gister, Vandag en tot in Ewigheid



Waarheid is nie wisselvallig nie, dit is gevestig in verhoudings omdat waarheid nie 'n "wat" is nie, maar 'n "Wie." Waarheid het 'n naam en 'n gesig, en daardie Naam is Jesus. Hoe beter ons Hom ken, hoe makliker kan ons die waarheid in ons deurmekaar, konflik-gedrewe kultuur herken. 



Iets werklik aangrypend en vertroostend aan Jesus is dat Hy onveranderlik is. Hebreërs 13:8 herinner ons daaraan dat Jesus Christus gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is. 



Dit beteken dat Jesus sedert die begin van alle tye, toe Hy 2 000 jaar gelede op die aarde gewandel het, en tot vandag waar Hy op sy troon sit – nog altyd dieselfde is. Omdat Jesus nie verander nie, verander die waarheid ook nie. Waarheid is stabiel en ons kan elke dag van ons lewe daarop staatmaak! Dit is hoekom sy onveranderlike aard so ten diepste vertroostend is.



Byvoorbeeld, aan die einde van Jesus se bekende preek, die Bergrede, vertel Hy hierdie verhaaltjie van twee ouens wat elk 'n huis gebou het. Een het besluit om sy huis op sagte, onvaste sand te bou. Hewige reën en sterk winde het die fondament van sy huis maklik uitgekalwer en die huis het gou ineengestort. Die ander ou het op soliede klip gebou. Sy huis het nie beweeg of geskuif toe die storms dit tref nie en het dus staande gebly. 



Jesus se verhaal illustreer hoe belangrik ons ​​fondament van waarheid werklik is. As ons kies om ons lewens op iets wat nie standvastig is nie te bou, soos die menings van ander of die huidige kulturele neigings, sal ons altyd die stukke van gebroke verhoudings en uitdagende omstandighede moet optel. Wanneer ons egter kies om ons lewens op die soliede, onveranderlike fondament van waarheid te bou, kan kulturele neigings en opinies eb en vloei, kan die wêreld se chaos en selfs dié in ons eie lewens plaasvind, maar ons sal volhard. Ons sal staande bly. Ons kan selfs 'n baken van stabiliteit vir ander wees. 



Dis omdat waarheid onveranderlik is. Dis aan verhoudings verwant en altyd bestendig. Jesus nooi ons in 'n verhouding met Hom en Hy bly standvastig. Om die Waarheid te ken, bring ook 'n bestendigheid in ons eie lewens.



Uitdaging: Het jy al dikwels gevoel of jy deur die storms van die lewe rondgeslinger word? Gaan jou fondament na. Bou jy op iets onstabiel en veranderlik soos kulturele neigings? Op watter een gebied kan jy meer stabiliteit kry? Identifiseer dit en nooi Jesus (die Waarheid) na daardie plek toe.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What Is Truth?

Is dit my waarheid of die reine waarheid? Wat gebeur wanneer daar konflik tussen die twee ontstaan? Hoe sal ons weet of iets regtig waar is of nie? Sluit die volgende sewe dae by ons aan om te ondersoek of die waarheid n...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid