Leesplan inligting

'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 5 VAN 31

Paulus en Silas is geslaan totdat hul gekneus was en gebloei het. Hul klere is geweldadig van hul liggame afgeskeur en hulle het dringend mediese aandag nodig gehad. Paulus en Silas, daardie twee groot manne van God wat deur die antieke wêreld gereis het om die evangelie van Jesus Christus te verkondig, is in 'n Romeinse tronk gegooi met hul voete in voetboeie vasgemaak.



'n Romeinse tronk was 'n plek van byna onmiddelike sielkundige siektes; dit het slegs 'n paar nagte in hierdie stinkende, donker plek geneem om van jou kop af te raak. Gebou in die buik van die aarde, was dit 'n plek wat na urine en braaksel geruik het. Die gevangenes het slegs een maaltyd per dag ontvang wat bestaan het uit muwwe brood en lou, vuil water wat alreeds vir ander onnoembare dinge gebruik was.



Elke keer as 'n wag kos gebring het, het hy die gevangene geskop op 'n plek wat die meeste skade kon aanrig en die meeste pyn sou veroorsaak. Dag na eindelose dag moes Romeinse gevangenes in hul eie ontlasting sit. Dan was daar ook die ongediertes en insekte wat gedurigdeur oor die liggame van die gevangenes gekruip het. Spinnekoppe het in en uit die gevangenes se neuse gekruip terwyl rotte vryelik oor die privaatdele van die gevangenes se onbeskermde liggame geskarrel het.



Teen ongeveer middernag, toe die meeste mense uit wanhoop moed opgegee en in depressie weggesink het, het Paulus en Silas vreugde gevind. Hulle het dit in die verrotte reuk van die tronk en in die nat, klam, hopeloosheid ontdek. Hulle het vreugde gevind ondanks hul vasgebinde voete en te midde van die riool waarin hulle moes bestaan.



Paulus en Silas het gekies om Jesus te loof en te prys in die slegste oomblik van hul lewens. Paulus en Silas het vreugde gevind! Nou, ... wat is jou verskoning?!



As Christene het ons 'n verantwoordelikheid ... ja ... selfs 'n Goddelike plig ... om die heel slegste wat die lewe ons bied met die mees uitdagende vreugde tegemoet te gaan!



Wanneer jy in die middernaguur van jou lewe besluit om in onbeheersde aanbidding uit te breek, pas op! Die hemel mag die fondamente van jou lewe begin skud om jou vry te stel van die omstandighede wat jou bind.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in o...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid