Leesplan inligting

'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 6 VAN 31

Wanneer jy vreugde in jou lewe het, sal dit jou getuienis versterk! Wanneer vreugde in jou lewe herstel is, sal jy die mag hê om 'n verskil tydens jou reis op hierdie aarde te maak. Sondaars sal na jou luister omdat jy vreugde ondervind. Oortreders sal belangstel in wat jy sê as jy vreugde uitstraal wat net deur redding bewerk word.



Is dit nie wat ons almal wil hê nie? Ons wil almal 'n verskil tydens ons lewenswandel maak. Ons wil hê ons lewens moet meer as net 'n strepie op ons grafstene beteken. Ons wil 'n erfenis nalaat van veranderde lewens wat ons pad gekruis het. Vreugde sal jou in staat stel om 'n verskil in iemand anders se lewe te maak.



Vreugde sal jou getuienis versterk en jy sal die vermoë hê om iemand anders se lewe te verander. As jy gedink het vreugde is uitgevind net om jou beter te laat voel, dan is dit tyd om jou denke te verander! God het 'n geslag van vreugde-vervulde mense nodig wat gewillig is om 'n diepgaande impak in die wêreld waarin ons leef, te maak. Ek's in — wat van jou?!
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in o...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid