Leesplan inligting

'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 8 VAN 31

Ek is nie 'n dokter nie, maar ek het wel 'n voorskrif vir jou!



Indien jy 'n stryd teen depressie of hartseer voer, luister drie keer per dag na lofprysing en aanbiddingsmusiek. Jy mag dalk die behoefte hê om jou hande in aanbidding op te lig of moontlik wil jy net in stilte sit en jouself koester in die vrede waarin sy teenwoordigheid jou toevou. Vir dié met 'n dapper hart, wil ek graag aanmoedig om by Dawid aan te sluit en selfs voor die Here te dans! Neem ongeveer vyf tot tien minute elke oggend, middag en aand en sing saam met jou musiek in opregte aanbidding.



As hierdie geestelike voorskrif nie vir jou genoeg is nie, probeer dan hierdie een: maak jou Bybel drie keer per dag oop en lees 'n vers of twee. Indien jy in die greep van hartseer is, begin net by die begin van die Psalms en lees drie tot vyf verse op 'n slag. Laat die woorde van die Psalmdigter oor jou siel spoel en ervaar die helende krag in jou lewe.



Bring drie keer per dag 'n paar minute in gebed deur en bid vir iemand anders. Hou 'n gebedsjoernaal byderhand en skryf ander mense se nood en versoeke neer. Wanneer jy aan ander die geskenk van jou tyd gee deur vir hulle te bid, sal seëninge en krag veelvoudig in jou lewe terugkeer.



Laastens, bestee eenkeer per week tyd aan iemand anders. Pas die baba van 'n jong ma op wat 'n ruskans nodig het. Neem 'n weduwee uit vir koffie en luister na haar hart. Bied aan om vir iemand wat nie gesond voel nie, 'n ete voor te berei. Moet nooit die krag van liefde onderskat nie. Goedhartigheid is die tweelingsuster van vreugde ... jy kan nie die een sonder die ander hê nie!
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in o...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid