Leesplan inligting

'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 31 VAN 31

Bekommernis of vrees kan eenvoudig gedefinieer word as 'n gebrek aan vertroue in die God wat jou onvoorwaardelik liefhet en alle dinge tot jou beswil laat meewerk. Wanneer jy deur bekommernis verteer word, glo jy die onwaarheid dat jou probleme selfs vir God te groot is om op te los. As jy met vrees vervul is, neem jy verkeerdelik aan dat jou sonde so groot is dat selfs God jou nie kan vergewe nie. As jy met angstigheid te doene het, het jy jouself verkeerdelik oortuig dat jou lewe so buite beheer is, dat dit bo God se vermoë is om orde in jou lewe te bring.



As jy uit gewoonte bekommerd is, sal jy nooit die vreugde geniet wat vir jou bedoel is nie. Bekommernis en vreugde gaan nie saam nie. Bekommernis, in sy rouste toestand, is 'n patetiese vorm van atëisme. Hoe oorkom iemand bekommernis, vrees en angstigheid?



Die Bybel leer ons dat vrede die resultaat van vertroue in God is. Kan jy Hom vertrou? Sal jy Hom vandag vertrou? Sal jy hardop verklaar: "Jesus, ek vertrou U met my hele hart! Ek glo dat niks vir U onmoontlik is nie en dat U planne ten goede vir my lewe het!"



Wanneer jy jou denke en siel versadig met die Woord van God, sal jy vry wees van die vrees vir die bose. Wanneer jy bely wie God is en wat Hy by magte is om in jou lewe te bereik, sal angstigheid, bekommernis en vrees wonderbaarlik uit jou lewe verdwyn. Wat sal oorbly in die plek van daardie aaklige emosies? Jy sal die geseënde ontvanger van vreugde wees!
Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in o...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid