Leesplan inligting

'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 4 VAN 31

Een donker, koue nag in Betlehem het die skaapwagters saamgebondel om 'n kampvuur vanwaar klein sarsies lig uitgestraal en wat sporadies warm lug uitgeblaas het. Skaapwagters was ongeletterde, nederige lede van die gemeenskap met roet in hul brein en skaapkwyl tussen hul tone. Skaapwagters het nooit enige hoop op vooruitgang gehad nie ... geen hoop om hul eie stukkie grond te besit nie ... nooit enige hoop om 'n beter lewe te lei nie. Hul nuttelose wêreld het nooit verander nie ... dit was net nag na nag die geblêr van skape en die verleentheid van vulgêre grappies om die argaïese kampvuur. Hul wêreld was gesentreerd rondom rustelose, kermende, ongehoorsame en luis-besmette skape. En dan dink jy jóú lewe is sleg?



Op 'n nag, terwyl hulle van koue gebewe en probeer wakker bly het, het die hemel in hul klein, donker wêreld ontplof. Die lied van engele het deur die oorlogsone van die aarde gebars en die vreugde van die hemel in hulle donker, koue bestaan verkondig. Sterre het in seldsame en glorieryke kleure geval terwyl die hemele oopgemaak het en 'n engelekoor glorieryk 'n magtige simfonie gesing het wat vandag nog gehoor kan word.



"Moenie bang wees nie, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot BLYDSKAP wat vir die hele volk bestem is!"



Jesus het ons wêreld met vreugde binnegekom en dit is vandag nog steeds sy geskenk vir jou. Sy teenwoordigheid in jou lewe laat die donkerte wonderbaarlik verdwyn en hoop word gebore.



Die eerste woord wat gebruik is om Jesus se geboorte te beskryf, was "vreugde"! Ek glo dit moet die eerste woord wees wat gebruik word om jou ook te beskryf. Vreugde is die geboortemerk van 'n Christen en dit behoort uit elke emosionele en geestelike deel van jou liggaam te stroom. Jy is vir ewig gebrandmerk met hemelse vreugde en nou is dit jou beurt om die lied van die engele te sing!



Jou lewensdoel is om die teenwoordigheid van Christus in ons hopelose en donker, koue wêreld in te dra. Maria was die eerste draer van die Christuskind sodat ons ook draers van die Goddelike DNS kan wees. Die Hemelse DNS word "V-R-E-U-G-D-E" gespel en die donker, koue wêreld waarin jy lewe, het dit desperaat nodig!
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in o...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid