Leesplan inligting

'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 9 VAN 31

Wanneer ons aan die kruis van Golgota dink, weet ons dat Jesus gesterf het om ons sondes te vergewe. Ons weet sonder twyfel dat Jesus vir elke verkeerde keuse wat ons ooit sal maak, gesterf het. Ons aanvaar nederig die feit dat die kruis nodig was sodat ons vergewe kan word en vir ewig saam met God kan leef.



As dit die enigste rede vir Golgota was, dan was dit genoeg. Dit sou meer as genoeg wees! Die ewige lewe, tesame met vergifnis, is die grootste geskenk wat nog in die mens se geskiedenis gegee is. Tog, Golgota het baie meer as dit gedoen. Jesus is gekruisig sodat jy nie langer die slagoffer van depressie of hartseer hoef te wees nie. Jesus het gesterf sodat jy sy vreugde kan ervaar te midde van die oorlog wat op planeet aarde woed.



Toe Jesus gekruisig is, het Hy nie net vir jou verlossing daar gehang nie, maar ook vir jou vreugde. As ek jy was, sou ek nie met enigiets minder as vreugde tevrede gewees het nie! Jy is dit aan jouself ... jou familie ... jou omgewing ... jou kerk ... en aan Jesus verskuldig om in die vreugde te wandel waarvoor Hy vir jou gesterf het!
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in o...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid