Leesplan inligting

Seën vir jou sielVoorbeeld

Seën vir jou siel

DAG 7 VAN 7

Jy’t juis krag in jou swakheid


Paulus het ’n struikelblok gehad waaroor hy lank met die Vader gestoei het. Drie keer het hy Hom gevra om hierdie doring uit sy vlees te haal met dié woorde: “Laat my swaarkry en lyding asseblief tog ophou!” Dan hoor ons hoe God nie die doring uithaal nie, maar Paulus verseker dat Hy aan hom sal gee wat hy nodig het om dit te hanteer.


Dis toe dat Paulus besef het dat God se genade nie noodwendig ons omstandighede verander nie, maar dat die Gees óns verander. Dat Hy meer word wanneer ons minder word en Hy troos bied wanneer ons swak is. Dat Hy ons dra wanneer ons self nie die pad kan stap nie.


Dalk het jy ook al vele kere oor iets gebid, gesmeek vir ’n uitkoms, antwoorde, genesing, maar beleef dat jy “niks hoor” nie, dat dinge eintlik net slegter gaan. Onthou maar net weer vandag: sy genade ís ook vir jou meer as genoeg om elke tree van jou pad te loop. Sit maar net (weer) jou hand in die hand van die lewende en almagtige God, wat op maniere werk wat ons nooit sal verstaan nie, maar altyd iewers lig bring.


Genade is om soms juis swak te wees, sodat sy krag deur ons kan werk en die onverwagse en onvoorsiene ons op ’n dieper vlak kan verras.


HERE, EK VERSTAAN BAIE KEER NIE, MAAR EK WEET U WEET, EN DIS VIR MY GENOEG.


Hierdie oordenkings is geneem uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy. 

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Seën vir jou siel

Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en gu...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid