Leesplan inligting

Seën vir jou sielVoorbeeld

Seën vir jou siel

DAG 4 VAN 7

Van struikelkind tot seëngewer


Hoe’s dit moontlik dat ’n mens so hard aan jouself probeer werk, so graag die regte dinge wil doen, met wysheid en goedheid teenoor ander wíl leef, maar dan so klaaglik misluk?


Dit is omdat ons – ondanks ons opregte bedoelings om die Vader se liefde uit te leef – steeds maar net ménse bly. En in ons menswees sal ons ons eie belang en selfsug altyd voor goedheid en onvoorwaardelike liefde wil stel. Sal die “ek-wees” gereeld die “ons-is” pootjie.


Maar hoe groot is die woord genade nie! Goddelike genade wat vallende mense oor en oor optel, die knieë van hul stukkende harte weer verbind en hulle dan help om aan te hou hardloop in die wedloop na heiligmaking. Genade wat ons, totdat ons die dag in sy hemelse "vashou-arms" is, gedurig sal help om fikser te word in ons pogings na onvoorwaardelike liefde; sterker te word in ons probéér om Hom tree vir tree te volg. Tot ons later al hoe meer in pas is met sy manier van dink, luister, praat en doen.


Ongeag ons beste pogings, struikel ons almal keer op keer in die gee van onvoorwaardelike en onselfsugtige liefde. Tog het ons ’n Vader wat ons help om met sagter harte en sagter oë te leef.


EK DANK U, VADER, DAT EK KAN LEEF VANUIT DIE SEËN VAN WEER-EN-WEER-GENADE.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Seën vir jou siel

Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en gu...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid