Leesplan inligting

Seën vir jou sielVoorbeeld

Seën vir jou siel

DAG 3 VAN 7

Varkkos versus ’n vetgemaakte kalf 


Hy het die werk van varke oppas verdien, want hy’t sy pa se hart gebreek, weggeloop en sy erfgeld in ’n ommesientjie verkwis. Met ’n swaar en bang hart skraap hy die moed bymekaar om vanuit sy eie donker wêreld weer huis toe te stap. Bang en onseker verwag hy die ergste.


Dan gebeur die wonder! In plaas daarvan dat sy pa hom verwyt, hardloop hy hom tegemoet en omhels hom. In plek van verwyte, bederf hy sy seun met die beste uit sy skuur en vervang hy sy verflenterde klere met ’n splinternuwe uitrusting. Hy gee eenvoudig vir sy wegloopseun die heel beste, want hy’s ’n pá.


En ek en jy? Ons wat ook soms wegloopkinders is? Ook vir ons gee ons Vader, ten spyte van onsself, keer op keer onverdiende genade. Gee Hy aan ons dit wat ons die minste verwag, maar die grootste behoefte aan het: onvoorwaardelike liefde. Dis dan wanneer ons beleef hoe die donkerte in ons lig word.


Dit voel so onmoontlik dat ons Vader keer op keer ons menslikheid vergewe, ons weer in sy arms neem en feesvier oor ons terugkoms. Maar dis wie God is: die Een wat genade op genade gee, selfs wanneer niemand anders meer omgee nie.


U WAT HEILIG IS, KIES OM MY KEER OP KEER TE KOM HAAL EN OOR EN OOR LIEF TE HÊ! HOE SÊ EK DANKIE DAARVOOR, HERE? 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Seën vir jou siel

Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en gu...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid