Leesplan inligting

Seën vir jou sielVoorbeeld

Seën vir jou siel

DAG 6 VAN 7

Sy genade is soomloos 


Wat sou ons wees sonder genade? Hoe koud sou die lewe wees sonder daardie donskombers om ons harte en hoe donker sou ons toekoms wees as dit nie daar was nie? Maar nou ís ons genadekinders: mense wat dit nie verdien nie, maar wat deur ons Here se bloed gered is.Ons is feilbaar en maak keer op keer droog, maar weer en weer word ons vergewe. Elke oggend verskyn die blinkwit strale van ’n nuwe begin weer helder op ons horison van hoop, in dié wete: Ons kan van vooraf begin.


Maar dis soveel meer. Dis om terug te kyk en te sien dat jou geloof geskuif het en jy ryper geword het. Dis om te besef dat die Gees, sonder dat jy dit besef het, iets in jou wakker gemaak het, jou laat groei het en jou op onverklaarbare wyse nuut gemaak het. Of die besef dat Hy jou hart met sagte fluweel uitgelê het, jou meer genaakbaar   gemaak het, groter empatie gegee het – dalk meer méns gemaak het.


Iemand het eendag gesê: God maak nie mense sodat ons Christene kan word nie; Hy maak ons Christene sodat ons ménse kan wees: Mense met ’n hart van "toevou-genade" vir ander. Ontvang en gaan gee vandag "goedheid-genade" in oorvloed.


HERE, DANKIE VIR U "TOEVOU-GENADE" — U HARTSGESKENK WAT U MET SOVEEL LIEFDE TOEDRAAI EN AANGEE.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Seën vir jou siel

Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en gu...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid