Leesplan inligting

Seën vir jou sielVoorbeeld

Seën vir jou siel

DAG 5 VAN 7

Opstaan-mens


Hy was soveel meer as ’n skaapwagter. Hy was opreg lief vir sy Here, kon ’n volk met wysheid lei en het die talent gehad om die mooiste psalms en liedere te skryf. Tog het Dawid ook maar gefaal. In sy selfsug, selfs Batseba se man, Urija, laat vermoor. Onvergeeflik, sou ons sê! Tog lees ons hoe Dawid bitterlik ween en spyt was oor sy eie swakhede, sy sonde in opregtheid bely, in groter afhanklikheid van sy Here opstaan en weer probeer. Dawid het besef dat selfs sy grootste sonde nie God se genade kon uitdoof nie.


Eeue later bevestig Jakobus die grootheid van God se "oor-en-oor-genade", wanneer hy die gemeente op die vingers tik oor hul sondige aard en bakleiery onder mekaar. Maar dan sê hy: “God is egter besig om ons steeds meer en meer genade te gee om aan Hom getrou te wees.” Maar, skryf hy verder: “God weerstaan hoogmoedige mense, maar aan nederige mense gee Hy genade” (Jak. 4:6).


Ons ís en bly sondige mense. Kom ons hou nooit op probeer om minder van onsself te wees en in groter afhanklikheid van Hom te leef nie. Mag ook jy jouself vergewe en dan gaan leef as ’n opgestane genademens.


WEES MY GENADIG, O GOD, VOLGENS U TROUE LIEFDE.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Seën vir jou siel

Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en gu...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid