Leesplan inligting

Seën vir jou sielVoorbeeld

Seën vir jou siel

DAG 1 VAN 7

In die holte van sy hart


Die meeste van ons het ’n dapper en blink-gepoleerde buitekant. Dit word immers van ons verwag en boonop wil ons mos nie iets van ons eie onsekerheid, vrese en broosheid vir almal wys nie. Vanaand, wanneer ons huis toe gaan en alleen in ons hartskelders ronddelf, wonder ons oor baie dinge. Dan lyk die "sterk-wees-prentjie" ’n bietjie anders. En dan wil ons tuis kom by iemand wat ons ware menswees ken en verstaan, en ons tog steeds liefhet. Iemand by wie ons nie grootmens hoef te wees nie, maar sommer net weer kind kan word. Iemand by wie ons, sonder vertoon, net kan "wees".


Hoe wonderlik dat ek en jy wel in ons Vader se hart kan gaan lê, onsself in sy genade kan opkrul en kan weet: Alles is reg. By Hom ís ons veilig en kan ons maar broos wees. Onsself wees.  


En dis mos dan wanneer ons ’n diep vrede ervaar, hemelse wysheid ontvang en ’n "groter-prentjie-perspektief" oor dinge kry. So asof aanvaarding en ontvanklikheid ons siele uitverf.


Mag jy gereeld in die holte van jou Vader se hart gaan lê. Want dis daar waar jy, sonder vrees, maar net jý kan wees, waar jy "toevou-genade" sal beleef en waar jy weer nuwe moed vir al die môres van jou lewe sal vind. Mag jy daar in sy hart soveel Goddelike liefde beleef dat jy dit spontaan wil aangee.


HERE, HOE LEKKER OM TE WEET EK KAN MAAR NET IN DIE HOLTE VAN U HART GAAN LÊ. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Seën vir jou siel

Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en gu...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid