Leesplan inligting

12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 1 VAN 12

Ons Laat Nie Ons Kinders Misluk Nie


Skrywer en spreker, Dr. Tim Elmore, is die leier van 'n nie-winsgewende organisasie genaamd Growing Leaders. Hierdie organisasie beïnvloed elke jaar omtrent 50,000 studente, fakulteite, en ouers. Tim het ook twee kinders, Jonathan en Bethany. Jy sal meer oor hulle lees in hierdie leesplan. Tim neem kinders ernstig op, soos jy seker afgelei het!


By Life.Church, neem ons ook kinders ernstig op. Ons senior pastoor, Craig Groeschel, is 'n pa van ses. Hy sê gereeld dat ons kinders nie die kerk van die toekoms is, of die toekoms van die kerk is nie, maar dat hulle die kerk van vandag is. Ons tyd, werknemers en hulpbronne word aangewend vir naweek ondervindings, video onderrig, musiek, Bible App for Kids, YouVersion leesplanne, en meer vir ons kinders. Tog weet ons dat ons op ons eie nie ons kinders kan lei om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word nie.


Ons het een dag iets besef. Dieselfde kinders wat omtrent 40 ure 'n jaar in ons geboue deurbring, gebruik omtrent 3 000 ure 'n jaar nie aan die slaap nie, nie by die skool nie, maar by julle: die ouers. Ons is 'n goeie kerk, maar ons is nie goeie ouers nie. As tyd die enigste faktoor was (en dit is nie), het ouers 'n 7 400% voordeel oor ons. Toe ons dit besef het, het ons geweet ons moet Dr. Tim Elmore vra om met ons ouers te kom praat. Deur intensiewe navorsing, onderhoude en insig van sy eie ouerskap het Tim 12 groot foute ontdek wat ons as ouers almal kan vermy. Tim gaan oor die volgende 12 dae elke fout aan ons verduidelik asook die regstelling daarvan. Eerstens, fout nommer een: ons laat nie ons kinders misluk nie.


 


 


Geniet jy hierdie leesplan? Dit is 'n boek ook. Geniet jy hierdie leesplan? Dit is 'n boek ook.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church kom saam om 12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy te deel. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vi...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid