Leesplan inligting

12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 6 VAN 12

Ons Is Oneerlik Oor Hulle Potensiaal


Ons senior pastoor, Craig Groeschel, het onlangs vir ons jong leiers gesê: “Julle dink julle kan meer doen in die korttermyn as wat julle werklik kan, maar julle besef nie wat God kan doen in die langtermyn nie.” Ons kan gerus aanneem dat Craig besig was om te praat met volwassenes wie se ouers, onderwysers en kultuur, fout nommer ses gemaak het 'n kwart eeu gelede. Daardie selfde volwassenes word vandag ouers. Tim se fout nommer ses weerspieël Craig se woorde. "Ons is oneerlik oor hulle potensiaal en ondersoek nie hulle ware potensiaal nie.”


Hoe gaan ons dus die koers vir die nuwe generasie verander? Kom ons sit die waardevolle entoesiasme daarin om ons kinders se Godgegewe gawes te ontdek. Kom ons hou die moeilike gesprekke wanneer ons kan sien ons kinders probeer iets waarmee hulle nie ver gaan vorder nie. Kom ons help hulle om hul sterkpunte te ontdek en hulle te lei om dit met volharding te gebruik.


In sy boek oor hierdie 12 foute, verduidelik Tim twee stelle van vyf boodskappe waarop hy gefokus het met sy kinders. Die eerste vyf het hy bespreek gedurende die eerste vyf jaar van hulle lewens, en die tweede stel van vyf gedurende die laaste vyf jaar wat hul by die huis gebly het. Hier volg die twee stelle:


Eerste Vyf Jaar By Die Huis


 


  • Jy is geliefd.
  • Jy is veilig.
  • Jy is waardevol.
  • Jy het unieke gawes.
  • Jy word ondersteun.

 


Laaste Vyf Jaar By Die Huis


  • Die lewe is moeilik.
  • Jy is nie in beheer nie.
  • Jy is nie só belangrik nie.
  • Jou lewe gaan nie oor jou nie.
  • Jy gaan eendag sterf met 'n nalatenskap.

 


 


 


Dink hieroor na: Watter veranderinge het ek aangebring in my ouerskapstyl vandat ek hierdie leesplan begin het? Wat is my volgende stappe om vandag se konsep toe te pas?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church kom saam om 12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy te deel. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vi...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid