Leesplan inligting

12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 3 VAN 12

Ons Stel Geluk As Prioriteit


Ons sê: “Jy gaan nie gelukkig wees as jy dit doen nie.” Ons sê: “Dit maak my nie gelukkig as jy so praat nie." Ons sê: “Los jou houding en wees net gelukkig." Ons vra: “Is jy seker dis die regte een? Is jy gelukkig?” Ons sê: “Mamma en Pappa gaan nie meer by dieselfde huis bly nie. Ons is gelukkiger so.” Ons sê soveel dinge wat ons kinders laat glo geluk is die einddoel. Dis ook nie net by ons waar hulle dit hoor nie. Hulle hoor dit in die kultuur, by die skool, by maatjies, en in elke verhaal wat eindig met: "en hulle het lank en gelukkig saam gelewe.”


Die enigste manier wat ons kinders sal besef dat geluk nie die doel van die lewe is nie, is wanneer ons dit self besef. Dan moet ons die 3 000 ure wat ons jaarliks saam met hulle het gebruik om dit vir hulle te wys deur hoe ons lewe. As die lewe dan nie daaroor gaan om gelukkig te wees nie, waaroor gaan dit dan? Jesus het die rede om te lewe in twee eenvoudige opdragte gegee. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Jy moet met ander woorde jou lewe aan God en ander wy. Kom ons noem dit om 'n “lewe te leef wat op ander gerig is.”


"Tevredenheid met die lewe vind meestal plaas wanneer mense besig is om op aktiwiteite te fokus wat veroorsaak dat hulle van hulself vergeet, die verloop van tyd vergeet en ophou om bekommerd te wees," sê sielkundige, dr. Mihaly Csikszentmihalyi.” Het jy van jouself vergeet deur om net die dokter se van te lees? Ernstig nou, lees weer deur Dr. C se woorde. Dit bevestig Jesus se twee-stap, hoe om te lewe plan. Ons het nie tyd om geluk na te jaag wanneer ons fokus op God en ander nie, maar dit beteken nie ons is nie gelukkig nie. Dit is juis dan wanneer ons geluk vind as 'n byproduk om volgens Jesus se opdrag te leef.


Jesus het nie nét vir sy dissipels gesê om so te leef nie, hy het gekniel in die stof en hulle voete gewas. So ook moet ons kniel — verby ons gelukkige plek — en ons kinders wys hoe om ander te dien.


 


 


Oefen: Bestee tyd daaraan om jou kind(ers) te help om hulle gawes en talente te ontdek en neem deel saam met hulle om dit te gebruik om iemand anders te dien.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church kom saam om 12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy te deel. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vi...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid