Leesplan inligting

12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 7 VAN 12

Ons Laat Nie Toe Dat Ons Kinders Sukkel Nie


Dit is die weerstand, dun delikate skeurtjies en melksuur-herstelling wat die spier sterker maak. Dit is die jare van golwe op die see en branders wat breek wat die dryfhout mooi maak. Dit is die sukkel om deur die kokon te breek wat vir die vlinder die krag gee om te vlieg. As ouers, het ons teen hierdie tyd besef dat ons lewensondervinding — die goed en die sleg — ons versterk en voorberei het vir ons lewe vandag.


In sy boek, vertel Tim 'n verhaal oor 'n Amerikaanse ouer wat met sy drie-jarige na Switserland verhuis het. Die ouer het uitgevind dat die onderwyser vir die drie- en vier-jariges 'n saag gegee het om mee te speel. Hierdie insident het in dieselfde omgewing plaasgevind waar die skoolhoof die ouers aanmoedig om hulle vier- en vyf jarige kinders toe te laat om alleen skool toe te loop. Hierdie ouer het die moed bymekaar geskraap om een van die onderwysers te vra rakende die prosedures wanneer daar 'n noodgeval is. Nadat die onderwyser dit vinnig afgerammel het, het die onderwyser bygelas: “Ek is nou al 'n woud-speelgroep onderwyser vir 10 jaar lank, en ons het nog nooit nodig gehad om 'n ouer te bel vir 'n besering nie.” Regtig? Woud-speelgroep onderwyser? Wat van die kere wat daar 'n ongeluk was, maar julle het net nie gebel nie? Switserse weermagmesse maak nou baie meer sin!


Duidelik is hierdie Switserse onderwysers nie net daarteen dat struikelblokke verwyder word nie, maar hulle stel dit sommer voor aan jong kinders. Jakobus, Jesus se broer, het 'n soortgelyke teenstrydige opinie gehad oor moeilikhede. Hy het nie nét gesê: "om te sukkel is nie so erg nie." In Jakobus hoofstuk een het hy gesê: "... julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom". Terwyl jy verder lees in Jakobus sal jy sien hoe beproewings volharding en geestelike rypheid bring. Jy sal ook lees oor 'n God wat nie omgee wanneer ons roep om hulp nie. Ons as ouers moet ons kinders toelaat om te sukkel, maar ons moet ook daar wees en reg staan om te help.


 


 


Toepassing: Praat met jou kind oor 'n paar maniere wat jy saam met hulle deur hulle moeilikhede kan werk.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church kom saam om 12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy te deel. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vi...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid