Leesplan inligting

12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 9 VAN 12

Ons Prys Die Verkeerde Dinge


In al die Skrifgedeeltes oor kinders is daar nie een wat sê: "Jy moet jou kinders elke dag prys. Die son mag nie onder gaan sonder dat jy vir hulle gesê het hoe slim hulle is nie." Tog voel ons asof ons faal as ouers as ons dit nie doen nie.


Die Bybel praat nie noodwendig direk oor lofprysing vir jou kinders nie, maar daar is baie geskryf oor hoe om ander te bemoedig. Daar is 'n spesifieke vers oor om dit elke dag te doen. Hebreërs 3:13 sê: "Maar solank daar nog 'n 'vandag' is, moet julle mekaar elke dag aanspoor" … Die woord “aanspoor,” is afkomstig van die Griekse woord, parakaleo, wat 'n beeld skep van om iemand eenkant te roep om hulle aan te spreek of te bemoedig. Dit skep 'n beter beeld van hoe ons, ons kinders moet bemoedig. In plaas van om vinnig vir hulle te vertel hoe mooi of slim hulle is, moet ons hulle eenkant roep en hulle unieke deugdes en pogings aanspreek.


Jy sal vandag baie van Tim se verhaal hou, maar kom ons kyk eers na 'n lys uit sy boek. Hier onder volg dit waarna Tim verwys as die drie mees algemene “lofprysing foute” wat hy in sy navorsing en ondervinding gevind het.


  1. Ons prys vasgestelde kenmerke. Ons moet eerder prys wat in hulle beheer is.
  2. Ons prys onverskillig. Ons moet eerder opreg wees en werklike belangstelling toon.
  3. Ons prys stem nie ooreen met hul optrede nie. Ons prys moet ooreenstemmend wees.

 


 


Bid: Heilige Gees, sal U my asseblief help om die unieke sterkpunte en deugde van my kind raak te sien? Sal U my daagliks lei om hulle in betekenisvolle maniere te bemoedig?


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church kom saam om 12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy te deel. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vi...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid