Leesplan inligting

12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 5 VAN 12

Ons Verwyder Die Gevolge


Jou kop is vreeslik seer. Jy probeer om iets klaar te maak, dus neem jy 'n pynverligter. Die volgende dag gebeur dit weer. Dis 'n besige week, en jy drink maar nog 'n pil. Jy kom agter jou sinusse is effens geblok die volgende dag, en jou kopseer word erger. Jy drink maar nog 'n pil in plaas daarvan om te rus. Uiteindelik, na verskeie dae wat jy die simptome behandel, besef jy jou ligte verkoue is nou 'n erge sinus infeksie. Dié van ons wat al hierdeur was, besef dat alhoewel ons beter voel deur die simptome tydelik te verwyder ons eintlik net die langtermyn lyding vermeerder.


Gevolge werk op dieselfde manier. Hulle kan nie permanent vermy of gekul word nie. Hoe vinniger jy dit in die gesig staar, hoe kleiner is dit. Hoe langer ons dit uitstel, hoe groter en erger raak dit. Die enigste manier om werklik ontslae te raak van gevolge, is om dit te aanvaar en toe te laat dat dit die nodige werk in ons doen. Die skrywer van Hebreërs wys dit uit in die twaalfde hoofstuk: "Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God."


Hoe kan ons dus ouers wees wat 'n goeie vrug vir ons kinders se toekoms kweek? Ons moet langtermyn-ouers wees. Ons laat ons kinders met liefde toe om die gevolge van hulle besluite te beleef, in plaas daarvan om hulle daaruit te wil opraap. In vandag se video beskryf Tim hoe ons reëls vir vergelykings moet uitruil. In plaas daarvan om te sê: "Moenie dit doen nie," moet ons sê: "As jy dit doen, dan sal dit gebeur.”


 


 


Bid: Vader, is daar enige gevolge in my lewe, of areas wat dissipline vereis wat ek uitstel? Sal U asseblief vir my die maniere uitwys hoe ek 'n ouer kan wees vir my kind soos wat U 'n ouer is vir my?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church kom saam om 12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy te deel. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vi...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid