Leesplan inligting

Om Empatie te BetoonVoorbeeld

Showing Empathy

DAG 5 VAN 5

Die barmhartige Samaritaan



Vir baie mense, of hulle Christene is of nie, is die verhaal van die barmhartige Samaritaan, baie bekend. Dis die verhaal van 'n "wetgeleerde" man (Lukas 10:25). Verderaan in die vers probeer hy vir Jesus 'n strikvraag stel: "Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?" 



In Jesus se tipiese styl, reageer Hy met 'n teenvraag: "Wat staan in die wet van Moses geskrywe?" (Lukas 10:26) Die wetgeleerde antwoord: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself" (Lukas 10:27). Die wetgeleerde wou homself egter handhaaf en vra presies wie sy "naaste" is. 



Hierop vertel Jesus 'n verhaal van 'n man wat deur rowers aangeval en halfdood langs die pad gelos is. Twee godsdienstige manne, 'n priester en 'n Leviet het beide by hom verbygeloop. Toe daag 'n Samaritaan op — iemand wat deur die Jode verag is — en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. Hy het sy wonde behandel en verbind, maar het nie daar opgehou nie. Hy het werklik iets gedoen.



Vandag sal ons sê wat die Samaritaan vir die man gedoen het, gelykstaande is aan wanneer ons 'n gewonde persoon sien, hom in ons motor laai en na die plaaslike ongevalle neem. Nadat hy gestabiliseer en sy wonde verbind is, neem ons hom na 'n hotel om aan te sterk en oornag selfs om hom te help. Asof dit nie genoeg is nie, gee ons die hotelbestuurder geld om vir die gewonde persoon verder te voorsien met wat hy nodig het en belowe om hom vir enige addisionele koste te vergoed. 



Dis nogal baie om vir iemand te doen, nie waar nie? Beslis. Dit was 'n geweldig ruim opoffering van tyd, emosies en geld, maar dit is presies wat empatie beteken. Empatie skep ongerief, ontwrigting en ingewikkeldheid in ons lewens, maar terselfdertyd bring dit vrede, doel en vreugde. Tog is ons soms traag om hierdie moeite te doen omdat daar soveel behoeftes in hierdie wêreld is. Ons hoef egter nie vir almal te help nie, en ons kan ook nie. Kom ons help net die volgende gewonde persoon wat ons teëkom.



Indien jy werklik nie kan begryp hoe om met empatie te lewe nie, kan die volgende maniere jou help om jou verwysingsraamwerk so aan te pas dat jy die nood waarvoor jy te staan kom kan raaksien:




  • Bid daagliks: "Vader, gee my u oë sodat ek kan sien wie naby my kry seer."

  • Wanneer jy hoor iemand gaan deur 'n uitdagende periode, stel jou voor dat dit jy is wat daardeur gaan. Dit sal jou hart sag maak en jou help om 'n manier te soek hoe om hulle las te verlig met 'n gebed, vriendelike woord of onselfsugtige daad.

  • Skep 'n gereelde gewoonte om na mense te luister sonder om te praat. Terwyl hulle praat, probeer om te verstaan wat in hul verlede gebeur het, of tans gebeur, wat aanleiding gegee het tot waar hulle nou is.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Showing Empathy

Deur middel van empatie kan ons die behoeftes van ander waarneem en sodoende hoop en verligting in hul lewens bring. Tog sukkel ons dikwels hoe om empatie te betoon. Gelukkig het ons 'n goeie voorbeeld: in hierdie leespl...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid