Leesplan inligting

Om Empatie te BetoonVoorbeeld

Showing Empathy

DAG 4 VAN 5

Toe Jesus nie hoef te gehuil het nie 



Een van die dinge wat Jesus so merkwaardig maak, is dat Hy die volmaakte hemel verlaat het om tot ons redding hier op aarde te kom. Hy het aarde toe gekom om as mens gebore te word en ook die swaarkry wat daarmee gepaardgaan te ervaar. Sodoende was Hy in staat om werklik met ons as mense empatie te kan hê.



In Johannes 11 lees ons 'n verhaal van sommige van Jesus se dierbare vriende. Hy was baie goeie vriende met twee susters, Maria en Marta, en hul broer, Lasarus. Om die waarheid te sê, in Johannes 11:5 lees ons dat Jesus die drie liefgehad het. Buiten Jesus se verhouding met sy dissipels, was hierdie drie sy beste vriende. Dit is dus te verstane dat Jesus seker onmiddellik na Lasarus toe sou gaan toe Hy hoor dat hy siek is. Tog het Hy nie. Hy het eers na twee dae gegaan. Daardie twee dae was vir Maria en Marta hartverskeurend. 



Jesus het egter geweet wat God se plan is. Hy het geweet Lasarus se siekte sal nie "op die dood uitloop nie" (Johannes 11:4) maar dat Hy gaan om hom "wakker te maak" (Johannes 11:11). Dit het Jesus glad nie gepla dat Lasarus reeds vier dae in die graf was nie. Jesus was in staat om die hele prentjie te sien, van die begin af, en op die regte tyd het Hy uiteindelik die reis na Maria en Marta aangepak. Die gesprek tussen Jesus en Maria het as volg verloop:



"Toe Maria aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete gekniel en vir Hom gesê: 'Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.' Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. Hy vra toe: 'Waar het julle hom begrawe?' Hulle het vir Hom gesê: 'Here, kom kyk.' Jesus het gehuil"— Johannes 11:32-35.



Jesus het gehuil. Dit is die kortste versie in die Bybel, maar tog veelseggend van ons Verlosser. Dit bevestig dat Jesus ten volle God en ook ten volle mens was. Jesus het geweet dat Lasarus sou lewe en die lewens van sy volgelinge hierna nooit dieselfde sou wees nie. En tog het Hy gehuil. Hy het hulle pyn en ook sy eie pyn gevoel. 



Ons is soms getuie van moeilike omstandighede in die lewe. Ons sien iemand ly, maar is vol vertroue dat hulle uitkoms goed sal wees. Dit mag 'n vriend wees wat ons help of 'n kind wat ons grootmaak. Ons mag dalk insig hê dat die resultate goed sal wees. Tog moet ons in daardie oomblikke liewer 'n tydjie stil raak om die ongemak van die lydende persoon te deel, eerder as om hom bloot te verseker dat alles goed sal afloop. Dis wat ons Verlosser gedoen het. 



Empatie blaas lewe in mense se genesing. Kom ons wees so 'n briesie hoop vir iemand wat in sy donkerte net raakgesien wil word.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Showing Empathy

Deur middel van empatie kan ons die behoeftes van ander waarneem en sodoende hoop en verligting in hul lewens bring. Tog sukkel ons dikwels hoe om empatie te betoon. Gelukkig het ons 'n goeie voorbeeld: in hierdie leespl...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid