Leesplan inligting

Om Empatie te BetoonVoorbeeld

Showing Empathy

DAG 1 VAN 5

Die beste voorbeeld van empatie 



Jesus is die hoogste voorbeeld van hoe om empatie te betoon. God het Hom na die aarde gestuur om as mens gebore te word, die mensdom te red en so die ewige lewe vir ons aan te bied. Omdat Hy mens was, kon hy ook deur menslike ervarings gaan, wat Hom dus die vermoë gegee het om empatie met ons te kan hê. Ons lees in Hebreërs 4:14-15 dat Jesus ons "groot Hoëpriester" is en daarom simpatie met ons swakhede sal hê en deur dieselfde versoekings as ons is, met dié verskil dat Hy nie een keer 'n fout gemaak het nie. 



Die evangelies — Matteus, Markus, Lukas en Johannes — is vol verhale waar Jesus empatie met mense gehad het. In Lukas 7:11-17 lees ons van 'n weduwee wie se enigste seun pas gesterf het. Toe Jesus die weduwee sien, het Hy haar uit sy hart jammer gekry. Hy het dus vir haar gesê om nie te huil nie, na die draagbaar gestap en vir die dooie gesê om weer lewendig te word. Jesus het medelye met haar gehad en dus besluit om iets daaromtrent te doen



Ons kan medelye hê en simpatiek optree teenoor iemand in pyn of in 'n moeilike omstandigheid, maar empatie is 'n bietjie anders — dit doen iets. Dit het ten doel om in nood te voorsien of die las te verlig. Ons dalk dat ons in die nood van ander wil voorsien en ander waarlik "wil liefhê", maar sonder empatie, loop ons die geleentheid mis om tot die daad oor te gaan en hulle pyn te verlig. Empatie beteken dat jy iets tot verligting van 'n ander se pyn moet doen. Ons kry dit dalk nie maklik reg nie, maar met oefening sal ons leer om empatie te bewys soos Jesus. 



Oor die volgende vier dae van hierdie leesplan, sal ons kyk wat die Bybel oor empatie te sê het en hoe ons daarin kan groei om die hande en voete van Jesus te wees.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Showing Empathy

Deur middel van empatie kan ons die behoeftes van ander waarneem en sodoende hoop en verligting in hul lewens bring. Tog sukkel ons dikwels hoe om empatie te betoon. Gelukkig het ons 'n goeie voorbeeld: in hierdie leespl...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid