Leesplan inligting

Om Empatie te BetoonVoorbeeld

Showing Empathy

DAG 3 VAN 5

Empatie help graag



Empatie kom nie maklik nie. Dit verg doelbewuste pogings van ons om werklik empatiese mense te word. Sommige mense is van nature so, maar die meeste van ons is nie. Ons sê dinge soos: "Ek het eenvoudig nie empatie vir mense nie" of "Ek het geen benul waardeur hy gaan nie, dus kan ek nie help nie." Ons dink dis iets wat ons nooit sal kan doen nie. Tog kan ons. Al verstaan ons nie presies iemand se omstandighede nie, is die doel van empatie om op die ander persoon se vlak te kom om sodoende hul standpunt te verstaan. Ons kan groei en empatie ontwikkel wanneer ons dit verkies.



Wanneer ons optrede en lewe van empatie getuig, deel ons eintlik iemand anders se las. Dit kan vir ons ongemak op byna elke terrein veroorsaak — emosioneel, fisiek, finansieel, om net 'n paar te noem. Dit is gewoonlik die rede waarom mense nie in die chaos van 'n ander se lewe betrokke wil raak nie. Soos ons in dag een genoem het, om medelye en simpatie vir iemand te voel, is maar hoe ons voel. Wanneer ons egter op hierdie gevoelens reageer, kom empatie in ons lewens na vore en kan ons ander help.



Om ten volle die impak van empatie te verstaan en hoe ons op hierdie terrein kan ontwikkel, gee ek 'n paar voorbeelde van die verskil om simpatiek te wees teenoor om met empatie op te tree:



Simpatie voel sleg vir die vriend wat 'n huweliksmaat verloor het.

Empatie gaan besoek die vriend en help dra aan die seer van rou.



Simpatie voel jammer vir die persoon wat sy werk verloor het.

Empatie ontmoet die persoon vir middagete en help hom om 'n nuwe werk te soek.



Simpatie voel jammer vir die verslaafde wat aanmekaar terugval.

Empatie stel 'n plan op om vryheid en aanspreeklikheid in die persoon te lewe te help vestig.



Kom ons wees eerlik. Om so te lewe dat jy empatie betoon, is ongemaklik en ook dikwels die rede hoekom ons dit nie wil doen nie. Ons mag selfs deur ons eie worstelinge met intense pyn gegaan het en ons wil dit beslis nie weer oopkrap om sodoende vir iemand anders te kan voel nie. Ons kan ook dink, omdat ons ondervinding nie presies dieselfde as die ander persoon s'n is nie, kan ons nie help nie. Eintlik hoef mense se ervarings nie dieselfde te wees nie. Ons moet maar net gewillig wees om saam met 'n ander deur hulle swaarkry te stap. Empatie neem juis die besluit om sonder 'n tweede gedagte aan ongerief of wanorde die persoon in sy swaarkry by te staan. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Showing Empathy

Deur middel van empatie kan ons die behoeftes van ander waarneem en sodoende hoop en verligting in hul lewens bring. Tog sukkel ons dikwels hoe om empatie te betoon. Gelukkig het ons 'n goeie voorbeeld: in hierdie leespl...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid