Leesplan inligting

Om Empatie te BetoonVoorbeeld

Showing Empathy

DAG 2 VAN 5

Eensgesindheid het empatie nodig



Ons leef in 'n wêreld wat nogal verdeeld kan wees. Soms verskil ons oor belangrike sake — soos die politiek — maar ons kan ook met die kleinste dingetjies, soos sportspanne en diëte, fout vind. Eintlik kry ons dit reg om omtrent oor enige onderwerp onder die son te verskil. 



Wanneer ons egter onsself daarop instel om empatie te betoon, kan eensgesindheid 'n werklikheid in ons lewensverhoudings en kulturele verskeidenheid word. Om te verduidelik hoe empatie eensgesindheid teweegbring, kyk ons na drie gedeeltes uit die Bybel:



"Ek doen 'n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging"— 1 Korintiërs 1:10.



"Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing — maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe"— Filippense 2:1-2.



"Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig"— 1 Petrus 3:8.



Wat het hierdie drie Skrifgedeeltes in gemeen? 



Al drie verwys na eensgesindheid en om eendersdenkend te wees.



Beteken dit dus dat ons met elke mens op aarde oor alles moet saamstem? Beslis nie. Ons het verskillende voorkeure en begeertes wat nie met almal ooreenstem nie. Onthou ook dat God ons almal pragtig uniek geskape het! Tog moet ons die groter prentjie in gedagte hou, want dit is waaroor dit gaan om eendersdenkend te wees. Om dus eendersdenkend te wees, beteken dat jy ...



... probeer om "in hulle skoene te staan" om hul ervarings te kan verstaan.

... jou ten doel stel om "soos hulle te dink" om sodoende hulle standpunt te begryp.

... strewe om "jouself in hul situasie te plaas" deur jou in te dink hoe hulle voel.



Wanneer ons hierdie dinge doen, verander dit hoe ons hulle behandel en op hulle reageer. Ons kyk na hulle as mense met ware gevoelens en nie bloot iemand met wie ons wil stry nie. Natuurlik verander ons eie oortuigings en wat ons glo nie met elke gesprek nie, maar ons begin om mense in 'n nuwe lig te sien en dalk te begryp waarom hulle anders as ons voel en glo. 



Kom ons probeer dus om met empatie teenoor ander te lewe — nie net ter wille van hulle nie, maar ook van onsself. Om gedurig in verdeeldheid te lewe en met ander in konflik te verkeer, beroof ons almal. Om te probeer, onsself ten doel te stel en te strewe om 'n ander se standpunt in te sien, beteken nie dat jy 'n jabroer of swakkeling is nie. Eintlik wys dit juis jou krag. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Showing Empathy

Deur middel van empatie kan ons die behoeftes van ander waarneem en sodoende hoop en verligting in hul lewens bring. Tog sukkel ons dikwels hoe om empatie te betoon. Gelukkig het ons 'n goeie voorbeeld: in hierdie leespl...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid