Leesplan inligting

Verander jou kop, verander jou leweVoorbeeld

Verander jou kop, verander jou lewe

DAG 7 VAN 7

Gerat vir liefde en omgee


Dit is ’n lewenslange stryd om jou lewe nie vanuit emosies soos vrees, bitterheid, woede en angs te laat gebeur nie. Dan gaan jy nie in liefde leef nie. 


Tog is die lewe soms so hard en moeilik dat jy gedwing word in veg-vries-of-vlug-gedrag. Die uitdaging is om te keer dat dit jou default mode, jou operasionele sisteem raak. Al is hierdie breinroetes baie vinnig en hardnekkig, is jy nie uitgelewer aan hulle nie. Jou brein is so ontwerp dat daar onder andere ook ’n ACC of anterieure singulaat korteks in jou kop is wat jou in staat stel om gesonde sosiale verhoudings te handhaaf en reg te voel. Hierdie area dien as ’n soort wipplank om jou emosies en denke te balanseer. Wanneer jou amigdala byvoorbeeld aktief raak en angstigheid en aggressie begin wen, sluit dit jou denkende vermoëns uit. Jou intuïsie en empatie neem ook drasties af. Jy kan egter met jou nuutgemaakte kop dit begryp. 


Jou brein is gerat vir empatiese nadenke en medelye. Tog kies te veel predikers en kerklikes om aanhoudend oorlogstaal te gebruik, of straf, vrees en oordeelstaal. Moenie saamspeel nie. Dit hou niks goeds in vir jou brein nie, want dit aktiveer die limbiese dele, daar waar die amigdala en kie koning kraai en jou in ’n veg-vries-of-vlug-rol indwing. Jy moet jou fokus aanhoudend Godwaarts rig deur gebed, bybelstudie en aanhoudende nadenke oor die Here. 


Gebruik jou brein soos God dit oorspronklik bedoel het. Dan raak jy sagter, meer ontfermend, warm en vol liefde. Dan oorwin jy daardie negatiewe gevoelens wat seëvier in soveel mense rondom jou, kerklikes inkluis. Onthou, jy is nie die res nie. Jy is Christus se vlagdraer. Jy volg Hom. Jy leef volgens sy standaarde. Al is almal rondom jou korrup, woedend, rassisties, onderduims, of wat ook al, kies jy steeds vir die roete van die liefde. Want dit is wat Christus vra. Hy is die storie in wie jy leef. 

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Verander jou kop, verander jou lewe

Hierdie leesplan, gebaseer op Stephan Joubert se boek VERANDER JOU KOP, VERANDER JOU LEWE, wys dat jou brein die vermoë het om jou lewe te verander wanneer jy jou denke in ’n nuwe rigting stuur. Lesers sal die skakel ont...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid