Leesplan inligting

Verander jou kop, verander jou leweVoorbeeld

Verander jou kop, verander jou lewe

DAG 1 VAN 7

Jou kop is jou kragstasie


Jou brein is die kreatiewe kragbron van jou lewe wat met komplimente van die Here aan jou gegee is. Die Here het jou kop nie ontwerp om staties te wees nie, maar om aanhoudend te leer. Jou kop is gemaak vir voortdurende groei. Jy’s nie die slagoffer van ’n brein wat in sement gegiet is nie, tensy jy toelaat dat dit met jou gebeur. Jou brein is plasties, rekbaar, groeibaar, aanpasbaar, veranderbaar, leerbaar. . . Met ander woorde, dis nie vooraf vervaardig en by jou voordeur afgelewer nie. Jy is nie so gemaak en so laat staan nie. Hierdie belangrike feit plaas jou voor ’n lewenslange uitdaging, en dit is om jou kop aanhoudend in die regte rigting te laat groei. Jou voltydse verantwoordelikheid is om al jou gedagtes reg te dink en al jou emosies op gesonde maniere te ervaar. Anders word jy ’n gevangene van ’n verstopte kop. 


Dit is nie net klein kindertjies wie se brein nog ontwikkel terwyl volwassenes se brein kant en klaar gevorm is nie. In 2 Korintiërs 10:4–5 deel Paulus ook hierdie siening as hy skryf dat jy jou gedagtes gevange moet neem en hulle diensbaar maak vir Christus. Hierdie roete van nuut dink, nuut voel en nuut doen is hemelse medisyne vir ’n pap kop. Dit keer dat jy beland tussen dié oor wie Paulus in Efesiërs 4:17–19 skryf dat daar in hul koppe niks goeds gebeur nie. Hemelse beurtkrag gebeur aanhoudend tussen hulle linker- en regteroor. Hulle koppe werk steeds, maar nie op hemelse krag nie! Die Here se vernuwende krag vloei nie in hulle koppe nie; daarom is alles donker in hulle lewe. 


Die Here verskaf die regte soort krag vir jou kop. Die ABC van ’n goeie lewe gaan daaroor dat jy hierdie beginsel snap en jou kop tot God se eer gebruik. Wanneer jy jou kop eksklusief toevertrou aan die sorg van jou hemelse Diensverskaffer, laat jy toe dat Hy, in die woorde van Romeine 12:2, jou denke nuut maak sodat jy sy wil kan doen. So nie, gaan jy hemelse kragonderbrekings beleef en deur onwelkome gedagtes gevange gehou word. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Verander jou kop, verander jou lewe

Hierdie leesplan, gebaseer op Stephan Joubert se boek VERANDER JOU KOP, VERANDER JOU LEWE, wys dat jou brein die vermoë het om jou lewe te verander wanneer jy jou denke in ’n nuwe rigting stuur. Lesers sal die skakel ont...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid