Leesplan inligting

Verander jou kop, verander jou leweVoorbeeld

Verander jou kop, verander jou lewe

DAG 3 VAN 7

Onthou, jou brein kan vergeet


Herhaling van dieselfde tipe gevoelens, gedagtes en gedrag skep neurale hoofpaaie in jou kop waarlangs hierdie inligting vervoer word en waarbinne nuwe ervarings verwerk en ingepas word. Op hierdie manier vorm gewoontes – deur aanhoudende herhaling van denke en gedrag. 


Aan die ander kant kan neuroroetes wat nie gebruik word nie, krimp en in onbruik verval. ‘n Studie het getoon mense wat geleer het om balle in die lug te hou of te juggle, het ’n toename van grysstof in die visuelegeheue-areas van die brein beleef. Nadat hulle opgehou het om dit te beoefen, het die grysstof verdwyn. Dieselfde het gebeur met mense wat ’n tweede taal aanleer en dit dan nie beoefen nie. 


Onthou dus dat jou brein vergeet! Wanneer jy dus vergeet om destruktiewe en sondige breinroetes te gebruik, verweer en krimp hulle. Vat altyd die Filippense 4-pad deur jou gedagtes te rig op alles wat opbouend, mooi en leersaam voor God is. Moenie heeltyd dink aan maniere hoe om negatiewe gedagtes te bestry nie. Krimp sulke indringers tot mikrobedreigings reg voor jou geestesoog. Kyk af op hulle. Ignoreer hulle dan. Verskuif jou aandag. Kyk op na Christus. 


Martin Luther het my gehelp om hierdie beginsel te snap. Luther het begryp dat geloof ’n paradoks is. Hy het gesê jy word ’n groter sondaar (ek verkies eerder die term sonde-doener) namate jy heiliger word. Anders gestel, die feit dat jy nader aan God groei, maak jou al hoe meer bewus van jou tekortkomings en oortredings. Hoe meer die Here se lig op jou val, hoe meer sien jy die donker kolle in jou lewe raak. Pleks daarvan om hierop te fokus, moet jy aanhoudend na Christus toe draai. Verskuif jou blik weg van jouself af. Kyk weg van jou mislukkings. Gaan skuil by die Here. Laat sy Gees toe om af te reken met die hindernisse op jou pad. Dan krimp en verweer daardie roetes in jou kop wat werktuie van vernietiging geword het.  

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Verander jou kop, verander jou lewe

Hierdie leesplan, gebaseer op Stephan Joubert se boek VERANDER JOU KOP, VERANDER JOU LEWE, wys dat jou brein die vermoë het om jou lewe te verander wanneer jy jou denke in ’n nuwe rigting stuur. Lesers sal die skakel ont...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid