Leesplan inligting

Verander jou kop, verander jou leweVoorbeeld

Verander jou kop, verander jou lewe

DAG 5 VAN 7

Bly staande in versoeking


Emosioneelgelaaide gedagtes toon ’n merkwaardige weerstand teen verwerping. Wanneer jy sulke slegte gedagtes uit jou kop probeer verban, gaan jy daarmee bly sukkel. Hoekom? Wel, so lank as wat jy vir jouself sê waaraan jy nie moet dink nie, moet jou brein letterlik eers onthou waaraan om nie te dink nie. So skep jy eintlik twee tipes gedagtes in jou kop rondom negatiewe idees wat jy probeer onderdruk, naamlik metagedagtes (jou eie nadenke oor jou manier van dink), sowel as daardie gedagtes self. Dan hou jou verstand beide die metagedagte (“Waaraan moet ek nou weer nie dink nie? O ja, kos”) en die onwelkome gedagte (“kos ... ”) lewend. Jy programmeer jouself dus eintlik twee keer om te bly dink aan daardie einste ding waaraan jy nie graag wil dink nie. 


In plaas daarvan dat jy probeer weghardloop van onwelkome gedagtes moet jy hulle identifiseer en in die oë kyk. Sien die gedagtes vir wat hulle is: gesiglose tiranne wat beheer uitoefen so lank as wat hulle in jou kop rondhang. Ontmasker hulle. Hou op om van hulle af weg te hardloop, dan sal hulle begin verdwyn. 


Onthou, die gedagtes het in jou kop aangeland as klein saadjies. Die oplossing is om goor gedagtes terug te sny tot hulle oorspronklike grootte. So gee jy hulle gif. So kyk jy af op hulle en so loop jy weg van hulle af. Sien hoe die krag van die Heilige Gees hulle voor jou oë vernietig. 


Paulus sê in 1 Korintiërs 10:12–13 jy kan elke versoeking teenstaan wat oor jou pad kom. God laat nooit toe dat ’n versoeking jou tref wat jy nie kan uitknikker nie. Sy krag is altyd tot jou beskikking. Dit is dieselfde krag wat Hy gebruik het om Christus uit die dood op te wek, skryf Paulus in Efesiërs 1:19-20. God se krag in jou is altyd groter as enige probleem wat jy die hoof moet bied. Dit is sterker as elke onwelkome gedagte in jou kop. Vra dadelik God se hulp. Los dan die geveg vir die Here. Selfs die heel donkerste gedagtes sal die knie buig.  




 Hierdie oordenkings is saamgestel uit VERANDER JOU KOP, VERANDER JOU LEWE deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Verander jou kop, verander jou lewe

Hierdie leesplan, gebaseer op Stephan Joubert se boek VERANDER JOU KOP, VERANDER JOU LEWE, wys dat jou brein die vermoë het om jou lewe te verander wanneer jy jou denke in ’n nuwe rigting stuur. Lesers sal die skakel ont...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid