Leesplan inligting

Verander jou kop, verander jou leweVoorbeeld

Verander jou kop, verander jou lewe

DAG 2 VAN 7

Verandering vra guts 


Om gevestigde denkpatrone, emosies, opinies en gedrag te verander, is nie maklik nie. As dit was, het almal dit reggekry. Om aan mense se gevestigde gedragspatrone te torring, is om aan sisteme te torring wat dikwels op autopilot gebeur. Jou kop spesialiseer immers daarin om jou lewe so voorspelbaar moontlik te hou. Leer en verandering is uitputtend vir die brein. Dit bring onsekerheid mee omdat jou brein nie kopkaarte hiervoor beskikbaar het nie. 


Die brein se voorkeursisteem, of default mode, is geskoei op die skepping van stabiliteit en bekendheid. Wit en swart werk goed; grys en ander kleure is nooit gewild nie. Daarom gryp mense so graag terug na ou bekende roetes omdat hulle koppe geprogrammeer is.


Ek herinner myself dikwels aan die storie van Moses en die 12 verspieders in Numeri 13. Toe die Israeliete honger en onseker oor die toekoms in die woestyn rondgedwaal het, was hulle nie beïndruk met die reaksie van twee van die verspieders wat Moses na die Beloofde Land toe gestuur het nie. Tien van die verspieders het vertel dat groot moeilikheid op hulle wag as hulle die land wil inneem. Hulle aanbeveling was om terug te draai Egipte toe. Net twee verspieders, Josua en Kaleb, het God se hand op die pad vorentoe raakgesien. Hulle was bang, maar nogtans was hulle vas oortuig dat hulle die onbekende saam met die Here moes aandurf. 


As Moses daardie dag sou gedoen het wat kerke vandag graag doen, naamlik om demokratiese stemmings te hou, of om almal gelukkig te hou, sou Israel dadelik teruggekeer het na ’n bekende maar haglike scenario in Egipte. Tog het Moses, Josua en Kaleb stroom-op gekies vir God se pad. Hulle wou God tevrede stel, nie mense nie, al het dit amper hulle lewens gekos. Hulle wou nie op die ou bekende koproetes van die res (wat eintlik net sekerheid gesoek het) voortstrompel nie. Dit vra guts om saam met Josua, Kaleb en Moses te dink, te voel en te leef. 


As jy ’n lewenslange leerder wil bly, gaan dit jou ook iets kos omdat verandering en groei meestal buite jou kop se geriefsones afspeel! 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Verander jou kop, verander jou lewe

Hierdie leesplan, gebaseer op Stephan Joubert se boek VERANDER JOU KOP, VERANDER JOU LEWE, wys dat jou brein die vermoë het om jou lewe te verander wanneer jy jou denke in ’n nuwe rigting stuur. Lesers sal die skakel ont...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid