Leesplan inligting

EmosiesVoorbeeld

Emotions

DAG 7 VAN 7

Jesus Het Meegevoel Met Ons Emosies 



Ons geloof en gevoelens is nie los van mekaar nie. Hulle is onderling verbind en beïnvloed mekaar terwyl ons Jesus volg. Indien ons nie erkenning gee aan ons gevoelens nie, verbeur ons die geleentheid om God se karakter as ons Trooster, Verlosser, Geneser en Advokaat waar te neem. As ons te veel op ons gevoelens steun, loop ons die risiko om swak besluite te neem. 



Hoe versoen ons dan hierdie spanning? Ons nooi God en ander uit om deel van ons gevoelens te wees. Ons stoot hulle nie weg nie, maar vra vir God wat Hy vir ons probeer sê deur ons emosies, wetende dat Jesus besorgd is oor ons pyn, ongeag hoe groot of klein dit ook al mag wees. 



Jesus het verstommende meegevoel teenoor ander gehad en gedurende sy tyd op aarde het Hy so baie gevoelens openbaar. 



Terwyl Jesus op pad was om gekruisig te word, het Hy 'n diepe besorgdheid oor sy moeder, Maria, openbaar. Hy het haar sien huil langs sy dissipel, Johannes, en terwyl Hy na haar kyk, verseker Hy haar dat Johannes vir haar 'n seun sal wees. Jesus het geweet sy moeder sal ander moet troos en self ook getroos moet word, dus sorg Hy vir haar as een van sy laaste dade op aarde. Haar trane was nie onbeduidend nie, maar van groot belang — soveel so dat Jesus sy laaste oomblikke op aarde daaraan wy om na hulle om te sien. 



Jesus gee net soveel om vir óns pyn. Ons sien dit ook in 'n ander verhaal waar Jesus 'n vrou genees wat vir jare aan bloedvloeiing gely het. Dokters kon haar nie genees nie en sy het al haar geld bestee sonder hoop op genesing. Sy het uit desperaatheid Jesus se kleed aangeraak, wetende dat 'n enkele aanraking van Hom haar sou genees.



Jesus hou dadelik op waarmee Hy besig is om haar te vind en in haar geloof te bemoedig. Hy laat toe dat een vrou se pyn die werk onderbreek waarmee Hy besig is. Hy is diep besorgd oor die dinge waarvoor ons omgee. 



Die vrou mag dalk desperaat en gebroke gevoel het. Haar geloof het haar egter aangespoor om naby Jesus te kom, wetende dat net Hy haar sal kan genees. Dus, wanneer ons pynlike óf vreugdevolle emosies ervaar, haas ons ons terug na die Vader — die enigste Een wat alle pyn kan genees. 



Ons emosies bepaal nie ons geloof nie en ook nie ons toekoms nie. Wanneer ons egter ongesond is, trek ons emosies ons nader aan ons Skepper, sodat Hy ons kan versterk, nader aan ons kan kom en ons kan dra.



Bid: Vader, dankie dat U elke emosie wat ek ervaar, raaksien en meegevoel met elkeen het. Ek ondervind baie ______, maar ek weet dat U dit sien, dat U daarvoor omgee, en dat U saam met my daarin is. Wys my wat U my gedurende hierdie tydperk oor my emosies wil leer. Help my om na U toe te kom met al my gevoelens, sodat my geloof versterk mag word en help my om die regte besluite te neem, ongeag hoe ek voel. In die Naam van Jesus, amen.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Emotions

Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistan...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid