Leesplan inligting

EmosiesVoorbeeld

Emotions

DAG 6 VAN 7

Jesus Demonstreer Vergifnis 



Vergifnis op sigself is nie 'n gevoel nie; dis 'n keuse. Vergifnis — of die gebrek aan vergifnis — kan baie gevoelens laat opwel. Dink maar net aan die laaste keer toe jy vergewe is. Watter emosies het jy ervaar? Waarskynlik 'n mate van verligting, dankbaarheid en blydskap. Wat van die laaste keer toe jy iemand vergewe het? Dalk 'n mate van vrede, goedheid en genade. 



Vergifnis kan ook die sleutel tot verbetering van baie verhoudings wees. Dit vereis egter dat ons gevoelens van pyn laat vaar en in plaas daarvan genesing soek. Dit beteken nie dat ons nie die pyn van iemand se dade sal voel nie. Dit beteken wel dat ons kies om ons reg om reg te wees, prysgee sodat ons die verhouding kan regmaak. 



Hierdie begrip van vergifnis is iets waarmee mense al vir 'n lang tyd worstel. Om die waarheid te sê, Petrus het vir Jesus 'n vraag oor vergifnis gevra, waarmee die meeste van ons onsself waarskynlik kan vereenselwig. Hy het gevra: 



... "Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” Matteus 18:21. 



Ons is geneig om, net soos Petrus, reëls in ons verhoudings te plaas. Ons wil 'n agterdeur hê indien dinge te ongemaklik raak. Daar is egter geen perk op vergifnis nie. Jesus antwoord so: 



"Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer" Matteus 18:22. 



Jesus gaan verder om die verhaal te vertel van 'n koning wat die skuld van sy diensknegte invorder. Een van die skuldenaars het miljoene rande geskuld. Hy kon nie betaal nie, dus was die koning van plan om hom en sy gesin te verkoop om so sy skuld te vereffen. Die man het om genade gepleit en die koning het hom jammer gekry. 'n Rukkie later het dieselfde man wat deur die koning vergewe is, geweier om iemand anders te vergewe wat hom geld skuld. Die koning het hiervan uitgevind en beveel dat hy in die tronk gegooi en gemartel word totdat hy uiteindelik al sy skuld betaal het. 



Hoe dikwels is ons nie geneig om soos die man in hierdie verhaal op te tree nie? Ons is al van soveel vergewe, tog vind ons dit moeilik om dieselfde genade en vergifnis aan ander te betoon. Net soos die koning, stel Jesus nie belang in eensydige vergifnis nie. Ons sondes is vergewe, onverdiende genade is aan ons betoon en ons het 'n weg ontvang om by God te wees, sonder dat ons dit ooit kon verdien het. Ons enigste natuurlike reaksie sou wees om dieselfde graad van vergifnis aan ander te betoon. 



Dus, vergifnis is nie 'n gevoel nie. Dis wel 'n keuse. As ons vir Jesus volg, is dit 'n besluit om die oortreding en gevoelens van pyn oor te sien, sodat ons God kan eer en verhoudings kan herstel. 



Bid: Vader, dankie vir u genade, barmhartigheid en vergifnis. Dankie dat U vir ons 'n weg deur Jesus geskep het om met U te kan versoen. Wys my enige gebiede waar ek nodig het om vergifnis te soek en te betoon en help my om dit te doen. In die Naam van Jesus, amen.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Emotions

Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistan...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid