Leesplan inligting

EmosiesVoorbeeld

Emotions

DAG 1 VAN 7

Jou Gevoelens Kan Jou Geloof Aanvuur 



Het jy al ooit gevoel dat jou gevoelens in stryd met jou geloof is? Jy volg dalk vir Jesus, maar een van jou vriende hou aan om goed op sosiale media te plaas wat jou wil laat kop verloor. Dalk het jy al gevind dat jy op jou kinders of gesinslede skreeu. Miskien sukkel jy om ontslae te raak van 'n angstigheid oor een of ander onsekerheid wat jy beleef. 



Ons was almal al daar. Ons het almal al met onaangename emosies te doen gehad, wat ons laat wonder het of ons geloof maar ietwat broos is. 



 Wat as ons gevoelens nie met ons geloof in 'n stryd gewikkel is nie? Wat as ons gevoelens selfs ons geloof kan aanvuur? 



Jesus het gekom as een van ons. Hy was ten volle mens en ten volle God. Hy het elke emosie beleef wat ons ervaar, nogtans het Hy nie gesondig nie. Emosies is egter nie die probleem nie — dis gewoonlik ons reaksie op hulle wat problematies kan word. 



Dus, al wil ons ons emosies verberg, vergeet dat hulle bestaan, of probeer om hulle met 'n bak roomys te paai — is dit belangrik om te onthou dat God ons emosies geskep het. Hy het ons bedraad om te kan dink én voel. 



Om die waarheid te sê, ons sien regdeur die Skrif hoe Jesus kwaad geword het, ontsteld en gefrustreerd was, en nog vele ander emosies beleef het. Ons merk egter dat sy verbintenis met sy Vader met elke emosie verdiep het. 



In Matteus 26:37-39, sien ons in werklikheid dat Jesus benoud en angsbevange word oor sy naderende kruisiging. Tog sien ons dat Hy te midde van sy pyn tot die Vader bid dat God se wil sal geskied. 



Dis die sleutel. Jesus het nie sy eie pyn geïgnoreer nie en Hy ignoreer ook nie ons s'n nie. In plaas daarvan belowe Hy om deur al hierdie dinge met ons te wees. Dus kan ons gevoelens ons geloof aanvuur, maar slegs as hulle ons na die Vader toe laat hardloop. 



Kyk net wat sê Jesus in Johannes 16:20 toe Hy vir sy dissipels vertel wat met Hom gaan gebeur: 



"Dit verseker Ek julle: Julle sal huil en treur, maar die wêreld sal bly wees. Julle sal bedroef word, maar julle droefheid sal in blydskap verander" Johannes 16:20. 



Jesus het geweet wat die doel van sy pyn was, maar het nie sy dissipels se droefheid in die proses minderwaardig geag nie. Jesus het erken dat hulle sou ween, treur en hartseer wees oor dit wat gaan gebeur. Hy het nie vir hulle gesê "oorkom dit" of "byt vas" of "ignoreer dit" nie. Hy het egter gesê dat die hartseer in blydskap sal verander. 



Jy is nie 'n mislukking omdat jy gevoelens het nie. Hulle herinner ons juis om na die Vader te gaan. Ons gaan dus oor die volgende paar dae gesels oor hoe Jesus gereageer het op sommige van sy gevoelens terwyl Hy hier op aarde was; en hoe dit ons vandag in ons optrede help. 



Bid: Vader, dankie dat U my met emosies bedraad het. Help my om na U toe te hardloop wanneer ek kwaad word, bang, gefrustreerd, hartseer, bly of as ek enigiets tussen-in ervaar. Vandag het ek ____ gevoel, maar ek weet dat U mét my in hierdie gevoel is. Wys my wat U my deur hierdie gevoel wil leer en help my om so te reageer dat dit U en andere sal eer. In die Naam van Jesus, amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Emotions

Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistan...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid