Leesplan inligting

EmosiesVoorbeeld

Emotions

DAG 3 VAN 7

Jesus Het Opregte Medelye Getoon


In ons 24-uur siklus van die jongste nuusberigte, sien ons tragedie oral om ons en ongelukkig het dit vir ons normaal geword. Die kombinasie van op-die-oomblik verslaggewing en sosiale media, het ons onsensitief vir pyn gemaak. Ons wil nie pyn voel nie — dus blaai ons net verder. As navolgers van Jesus word daar egter 'n beroep op ons gedoen om te treur met dié wat treur en om ons naaste lief te hê soos onsself. 


Ons sien hoe Jesus gedurende sy tyd op aarde nie net medelye gevoel het vir dié wat pyn verduur het nie, maar dat Hy dan met betekenisvolle, liefdevolle optrede gereageer het om 'n verskil te maak. Hoe lyk opregte medelye dan? 


Die woord medelye is 'n samevoeging van twee dele. Die eerste deel, "mede" is 'n voorvoegsel wat "saam" beteken. Die tweede deel, "lye", kom van die Griekse woord wat "lyding" beteken. Dus, medelye beteken letterlik om "saam te ly." As ons dan regtig soos Jesus wil wees, kan ons nie net "hou van" klik op 'n sosiale media berig en niks daaromtrent doen nie. Ons sal mense moet dien en hulle regtig liefhê. Kyk 'n bietjie wat staan in Romeine 12:9-10: 


"Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld" Romeine 12:9-10. 


Nou hoe gaan ons ophou wéns dat ons mense kan help en werklik begin om hulle met opregte medelye te help?



  1. Wanneer jy daaraan dink om vir iemand te bid, bid dan regtig vir hulle. Net daar en dan. Ons was almal daar. Jy sien 'n sosiale media berig van 'n vriend wat om gebed vra en jy sê jy sal dit doen, maar vergeet dan. Dit gebeur. Wat as dit nie gebeur nie? Volgende keer as jy sien dat jou vriend vra om gebed, bid net daar en dan vir hulle. Jy kan selfs tred hou met jou gebedsversoeke hier op die Bybeltoep! God hou baie daarvan as ons met Hom praat en ons weet ook dat die gebed van 'n gelowige 'n kragtige uitwerking het.

  2. Begin 'n vrygewigheidsbegroting. Moenie vrygewigheid 'n nagedagte maak nie. Beplan dit! Oorweeg dit om bo en behalwe jou tiende ook nog 'n seën vir iemand anders te wees. Beplan elke maand om 'n bietjie te spaar en so iemand in nood te help. Dit kan beteken om middagete vir 'n vriend te koop. Dit kan wees om in die behoefte te voorsien van 'n enkelma wat in jou straat woon. Dit kan beteken om by te dra tot die doeke vir 'n vriend wat nog 'n baba hierdie jaar in pleegsorg neem. Waarvoor jy dit ook al bestem, beplan om jou hulpmiddele vir God se doeleindes te gebruik. Vra God om jou te help om in 'n behoefte te voorsien en Hy sal!

  3. Wees êrens diensbaar. Het jy geweet dat om ander te dien, eintlik die vlakke van spanning in die brein verminder? Dit is so! Nog belangriker egter, om ander te dien, is deel van God se wil vir jou lewe. Hou op om te wens jy kan mense help. Dien hulle eerder! Daar is ontelbare geleenthede om 'n verskil in ander se lewens te maak. Dalk moet jy aanbied om by jou kerk se kinderbediening die leier van 'n kleingroepie te word. Dalk moet jy aanbied om jou bure se kinders eenmaal per week verniet op te pas. Dit kan ook beteken dat jy jouself beskikbaar stel om saam met 'n plaaslike sendingvennootskap in jou gemeenskap te dien. Wat dit ook al is, vind êrens 'n plek waar jy die talente wat God jou gegee het, tot voordeel van ander kan gebruik. 

Kom ons voel nie medelye slegs as 'n emosie nie. Kom ons stel dit in werking deur soos Jesus te leef — deur die lyding van ander binne te dring en radikale liefde te betoon wat ander eerste plaas.


Bid: Jesus, dankie dat U 'n voorbeeld stel van hoe om medelye met ander om my te hê. Help my om ware medelye te hê met elkeen wat ek vandag teëkom. Maak my oë oop vir die behoeftes wat voor my is en help my om in hulle te kan voorsien. Help my om vandag en elke dag meer soos U te lewe en lief te hê. In Jesus se Naam, amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Emotions

Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistan...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid