Leesplan inligting

EmosiesVoorbeeld

Emotions

DAG 2 VAN 7

Jesus Het Gehuil



Het jy al so seer gehad dat geen woorde jou kon help nie? Dalk het jy ondenkbare pyn en hartseer ervaar. Dalk probeer jy om iemand anders te troos. In oomblikke soos hierdie, is dit selde dat die regte woorde ons gebroke harte heelmaak. Dis gewoonlik iemand wat by ons sit gedurende ons pyn, wat die verskil maak. 



Dis waarom dit net drie woorde neem om een van die kragtigste verse in die hele Skrif aan te haal: 



"Jesus het gehuil" Johannes 11:35.



Jesus het self ook pyn, verlies en hartseer verduur. Alhoewel Jesus geweet het hoe die verhaal gaan eindig, het Hy steeds te midde daarvan gehuil. 



Kom ons neem 'n tree terug om die konteks van hierdie wonderlike verhaal te verkry. Jesus hoor dat een van sy geliefde vriende, Lasarus, siek is. Jesus verklaar dat sy siekte nie tot die dood gaan lei nie. Al word hy intussen al sieker, gaan Jesus nie om hom gesond te maak nie. 



Beweeg vinnig vorentoe: Jesus weet Lasarus het gesterf en Hy reis om hom en sy gesin te gaan besoek. Jesus praat met beide Lasarus se susters en Hy sien hoe hulle ween. Hoe het Hy gereageer? 



Hy skat nie hulle pyn gering nie. Hy bied nie maklike antwoorde of wonderlike kwinkslae aan nie. Hy is by hulle en Hy huil. 



Kort daarna, wek Jesus vir Lasarus uit die dood uit op met 'n onbeskryflike wonderwerk, 'n skadubeeld van sy eie opstanding wat vir ons almal die geleentheid bied om vriende met God te wees. 



Die opwekking van Lasarus is 'n wonderwerk wat ons herinner dat God ons teleurstelling, ons hartseer en ons pyn kan herstel. Hy kan dít wat verlore is, weer terugbring. Vele van ons leef egter dikwels binne-in die verhaal. Ons is vasgevang voor die wonderwerk — ons lewe in afwagting. 



Lasarus se verhaal gee vir ons hoop, nie net omdat dit 'n gelukkige einde het nie, maar omdat ons 'n God dien wat in elke fase van die verhaal met ons is. God is naby aan die gebrokenes van hart. Wanneer ons huil, is Jesus by ons. Hy verstaan ons. Hy sien ons en Hy ontmoet ons in ons pyn en teleurstelling.  



Ons emosies is 'n gawe van God om ons te herinner om naby aan God te bly. Wanneer ons dan hartseer ervaar, hoef ons dit nie eenkant toe te skuif nie. Selfs al weet ons hoe die verhaal eindig, is dit goed om te midde daarvan te huil, want huil kan steeds aanbidding wees as ons God daarin nooi. 



Bid: Jesus, dankie dat U my wys hoe ek pyn kan verwerk. Dankie dat U by my is wanneer ek huil, wanneer ek wag en ook in my aanbidding. Ek nooi U om deel van my huidige pyn te wees. Help my om nie my hartseer te ignoreer nie, maar om u blydskap selfs te midde daarvan te ervaar. Ek gee alles aan U. In die Naam van Jesus, amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Emotions

Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistan...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid