Leesplan inligting

EmosiesVoorbeeld

Emotions

DAG 5 VAN 7

Jesus Het Geregverdigde Woede Ervaar 



Mag Christene kwaad word? Dalk het jy ook al hieroor gewonder — veral wanneer jou humeur begin opvlam het. Woede op sigself is selde die probleem. Dis ons reaksie op die woede wat ons in die moeilikheid kan laat beland. 



Jesus het self ook kwaad geword. Dus is dit nie verkeerd om kwaad te word nie — veral wanneer jy kwaad word oor iets wat God se hart breek. Wanneer ons sleg behandel word — of wanneer iemand vir wie ons lief is, sleg behandel word — is woede 'n natuurlike reaksie. 



God is 'n regverdige God en alhoewel Hy stadig is om kwaad te word, word Hy nogtans kwaad. 



Om die waarheid te sê, Jesus het dikwels geregverdigde woede openbaar. In Matteus 21 sien ons hoe Hy letterlik tafels omkeer omdat mense die tempel misbruik het as 'n plek om handel te dryf en diere as offers te verkoop. Jesus se woede was hier geregverdig. Wanneer ons sien hoe mense verkeerd teenoor ander optree, kan ons met reg kwaad word en behoort ons iets daaromtrent te doen. 



Dit beteken nie dat ons wil wraak neem nie. Dit beteken ook nie dat ons roekeloos of liefdeloos sou handel nie. Dit beteken wel dat, wanneer ons onreg sien, dit ons sou kwaad maak en ons harte breek. 



Dikwels is die dinge waaroor ons kwaad word, juis dit waarvoor ons omgee. Wanneer jy kinders sonder 'n gesin sien grootword, maak dit jou dalk met reg kwaad, sodat jy besluit om kinders in pleegsorg te neem of om pleegsorg gesinne te ondersteun. Dalk kan jy dit nie verduur dat sommige mense nie toegang tot die Bybel in hul taal het nie, en besluit jy om 'n donasie aan Bybelvertaling te maak of bestudeer jy die vertalingsproses. Wat maak jou in alle regverdigheid kwaad? 



 Jesus het tafels omgegooi om korrupsie te ontwrig. Hy het God se tempel teruggeëis en tot sy eer herstel. Sy woede het 'n reaksie ontketen wat eer aan God gebring het. Moet dus nie sondig wanneer jy kwaad word nie. Neem eerder standpunt in vir wat reg is.



Dis aanvaarbaar om kwaad te word. Kom ons nooi egter vir God in die omstandighede in wanneer ons kwaad word. Dalk is daar iets wat moet verander en besluit ons om ons vir die saak te beywer. Dalk is dit 'n teken dat ons geroepe is om deel van die oplossing te wees, dus soek ons na maniere om te help en te ondersteun. Ongeag wat volg, gaan ons na God en vra Hom wat ons volgende tree moet wees en wat ons uit ons woede kan leer. 



Bid: Vader, dankie dat U ons gewys het hoe dit lyk om regverdig kwaad te wees. Openbaar enigiets in hierdie wêreld aan my waaroor U wil hê ek regverdig kwaad moet wees en wys my die volgende tree om geregtigheid te bewerk. Help my om nie in my woede te sondig nie, maar om in nederigheid na U te kom. Ek gee alle onregverdige woede wat ek in my dra, aan U oor. In die Naam van Jesus, amen.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Emotions

Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistan...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid