Leesplan inligting

Die Toegeruste KerkVoorbeeld

The Empowered Church

DAG 8 VAN 8

Om vir die kwesbares om te gee, is iets wat Christus regdeur sy hele bediening gedoen het — en dit was vir Hom 'n saak van erns. As sy volgelinge word die verpligting om vir die kwesbares verantwoordelikheid te neem, nou ons s'n.



Baie gelowiges mag dalk vra: "hoe kan ek hierdie verantwoordelikheid dra, met soveel onsekerheid in die wêreld?" 



Die antwoord is eenvoudig: volg Jesus se voorbeeld. In vandag se Skrifgedeelte sien ons dat Christus bereid was om sy planne te weerhou sodat die Vader s'n vervul kon word. Ons moet ook bereid wees om prioriteit te gee aan God se planne. 



Ons behoort voorbereid en gereed te wees om die lig en sout vir die aarde te wees, ongeag ons huidige omstandighede. Jesus het nie gewag vir 'n godsdienstige omgewing of plek waar daar toesig is, om tot aksie oor te gaan nie; Hy het opgetree wanneer Hy 'n behoefte gesien het. Gedurende hierdie tyd mag dit beteken dat ons gemeente nie in 'n kerkgebou vergader nie. Tog moet ons nog steeds as die kerk saamwerk om in die behoeftes van die gemeenskap te voorsien.



Om te erken dat ongeregtigheid in ons wêreld heers, is een ding, maar die besef dat ons geroepe is om op te tree, is iets heeltemal anders. Ons mag dalk teenkanting kry en dit kan selfs effens ongemaklik wees, nogtans moet ons Bybelse geregtigheid nastreef.



God verwag nie dat jy al die oplossings moet hê nie. Hy vra net dat jy, in die gees, 'n houding inneem wat op Hom gerig is. So 'n houding wat in gees en hart op Hom gerig is, ontwikkel deur die versorging van die kwesbares en om standpunt teen ongeregtigheid in te neem. Dit word gekweek deur die bereidwilligheid om die bronne tot jou beskikking te gebruik. Miskien is dit finansiële bystand, maar dit is nie al nie. Alles tot ons beskikking kan gebruik word as hulpbron vir die koninkryk van God. Hierdie hulpbronne sluit die tasbare en ontasbare in — ons tyd, energie, besittings, talente, gebede en geld.



Dit is God se koninkryk wat ons almal verenig, ongeag waar ons woon. Hy roep elkeen van ons om vir ons broers en susters om te gee, hulle wat naby én ver is. Ons reaksie as die koninkryk, moet as volg wees: om op te tree waar ons ook al is, met die hulpbronne wat ons het, ongeag wat vereis word! 



Ons vertrou dat jy deur die lees van hierdie oordenking die Heilige Gees ontmoet het en geïnspireerd voel om in vreugdevolle gehoorsaamheid aan God se opdrag gehoor te gee: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en jou naaste liefhê soos jouself" — Matteus 22:37,39. 



Ons nooi jou uit om voort te gaan met hierdie reis om die kwesbares met deernis te dien, na geregtigheid en vrede te streef en om vir God se skepping om te gee. Besoek www.tearfundusa.org. 


Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Empowered Church

Mense is meer as ooit daarvan bewus dat ons ten diepste aan mekaar verbonde is. Hierdie unieke tyd is 'n geleentheid vir ons om na te dink oor hoe ons in mekaar se lyding deel, om ons fokus op God te plaas en tot 'n roep...

More

Ons bedank Tearfund.org vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek: https://www.tearfundusa.org/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid