Leesplan inligting

Die Toegeruste KerkVoorbeeld

The Empowered Church

DAG 1 VAN 8

"Lyding kan ons louter eerder as om ons te vernietig, omdat God self saam met ons deur die vuur loop." 

— Timothy Keller, Walking with God through Pain and Suffering



In die Skrif sien ons die manier waarop God reageer wanneer sy mense lyding ervaar. Ons sien dit toe Hy die Israeliete op 'n wonderlike uittog uit Egipte gelei het, en weer toe Hy Josef in 'n leiersposisie geplaas het om sy bloedverwante van hongersnood te red. Hy het vertroosting gestuur na Sadrag, Mesag en Abednego in die brandende oond, sodat hulle ongeskonde daaruit gekom het. Ons sien dit ook dikwels in ons werk. 



Mense soos ons vriendin Jumana het tot God geroep om hulle in moeilike omstandighede te help. 



Jumana en haar kinders woon in Hillé Bar, 'n klein dorpie in Tsjaad, aan die rand van die Sahara. Die rivier waaruit hulle water kry, het opgedroog, en Jumana en die ander vroue moes in die sandoewers grawe op soek na dieper waterbronne. Hulle landerye het verdroog. Haar kinders gaan nie skool toe nie en het ook nog nooit. Jumana moet diep in die dorre aarde delf om saadjies uit mierneste in die hande te kry. Om hierdie karige oes te kry, moet sy 'n paar meter diep grawe. Dit bied slegs 'n dag se kos aan haar gesin. Soms is hulle so swak van die honger, dat hulle nie kan speel of selfs staan ​​nie. Een van Jumana se kinders het alreeds van honger gesterf.



In die woorde van Jesaja, het God ons 'n belofte gegee om aan vas te hou te midde van lyding: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou" Jesaja 41: 10.



Jumana is bekend met uiterste lyding en ons magtige God, wat alles geskape het en sy skepping liefhet, belowe om by haar te wees. Ondanks al haar lyding bly Jumana hoopvol. God het haar gebede gehoor; die reën het gekom en die droogte verlig. Nou groei haar gesaaides en daar is gras om die vee te voed.



In tye van lyding het ons dikwels geen ander keuse as om tot God te nader nie, en dan leer ons wat dit beteken om 'n dieper verhouding met Hom te hê, van Hom afhanklik te wees en Hom in alle dinge te vertrou. As ons nie probleme en beproewinge verduur nie, sal ons nooit die behoefte hê om tot Hom te roep nie.



Ons verhouding met Hom sou dan ook nooit die dieptes van sy liefde ken nie; ook nie die sorg en vertroosting wat Hy tydens erge pyn en lyding bied nie. 



Ons dien 'n alwetende God wat jou deur en deur ken, tot in die dieptes van jou hart. Hy is bewus van elke probleem wat jy ervaar; Hy ken die verborge bekommernisse wat jou snags wakker hou; Hy hoor jou wanhopige krete. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Empowered Church

Mense is meer as ooit daarvan bewus dat ons ten diepste aan mekaar verbonde is. Hierdie unieke tyd is 'n geleentheid vir ons om na te dink oor hoe ons in mekaar se lyding deel, om ons fokus op God te plaas en tot 'n roep...

More

Ons bedank Tearfund.org vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek: https://www.tearfundusa.org/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid