Leesplan inligting

Die Toegeruste KerkVoorbeeld

The Empowered Church

DAG 2 VAN 8

"Bekommernis vat nie môre se hartseer weg nie, maar vat vandag se krag weg".

— Corrie Ten Boom, oorlewende van die Nazi-besetting.



Ons bekommernisse is eindeloos; ons is bekommerd oor dinge soos hoeveel ons moet oefen, hoe dit met ons verhoudings gaan, hoe om die onverwagse rekening te betaal, hoe ons vir 'n familielid kan sorg wat siek geword het. 



Dan is daar die ernstige bekommernisse — verwoestende oorstromings in Indonesië, toenemende spanning tussen die VSA en Iran, rampspoedige veldbrande in Australië. Voeg hierby die voortslepende humanitêre krisisse in lande soos Jemen en Sirië — asook 'n wêreldwye pandemie wat die hele wêreld ingeperk hou — en die vooruitsigte lyk somber. Jesus was reg toe Hy gesê het dat vandag genoeg van sy eie probleme het. Hoe kan ons gemoedsrus gedurende sulke tye behou? 



Wanneer daar groot onsekerheid om ons is, is dit maklik om in 'n negatiewe, angstige denkpatroon te verval. Tog, wanneer sulke denkpatrone aanhou, kan dit jou nie net van vreugde en vrede beroof nie, maar jou ook verstrik. Bekommernis is gewortel in vrees en spruit meestal uit 'n werklike of moontlike bedreiging van ons welstand. Die probleem met bekommernis is dat dit altyd fokus op die "hoe", in plaas daarvan om op die "wie" te fokus.



Miskien is dit die rede waarom Jesus dit baie duidelik gemaak het dat ons nie tyd op bekommernisse moet mors nie, omdat dit ons daarvan weerhou om op Hom te vertrou en dit ons weerhou van die vryheid wat Hy ons belowe het. 



Toe Jesus Lasarus uit die graf opgewek het, het Marta geprotesteer. Sy was bekommerd dat die reuk van die dood vrygelaat sou word as die klip, wat Lasarus se graf verseël het, verwyder word. Jesus reageer met 'n teregwysing: "Het ek nie gesê dat as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?" (Johannes 11:40) Hy het Marta hierdeur gewys om haar gedagtes in lyn te bring met sy belofte om Lasarus weer lewend te maak. 



Deur toe te laat dat angs en spanning die oorhand in jou gedagtes kry, skep jy 'n teelaarde vir kommer. In plaas daarvan om jou gevoelens van twyfel en vrees toe te laat, kan jy kies om die gedagtes te konfronteer en dit aan God te onderwerp. Wanneer ons na ons omstandighede kyk deur die lens van die onmoontlike, haal ons eintlik ons oë van die Here af, vir wie alle dinge moontlik is. Hy kan uitkoms bring wanneer ons dit nie kan doen nie.



Die teenoorgestelde van bekommernis is vrede. Daar word na Jesus verwys as die Vredevors. As sy dissipels behoort ons vrede in alle fasette van ons lewens na te streef. Een manier om dit te doen, is om die gedagte wat inbreuk maak, raak te sien vir wat dit is, en dan die gedagte aan die Here oor te gee.



Ons mag nooit vergeet dat ons 'n magtige en kragtige God dien nie, 'n God wat voortdurend aan die werk is in alle uithoeke van die aarde. Ondanks die voortdurende vloed ​​van negatiewe nuus in die media, is die wêreld vol goeie nuus. By Tearfund ondervind ons dit te alle tye. Vanuit die kind-vriendelike areas in die vlugtelingkampe in Bangladesj, hoor ons verhale van genesing. Ons hoor uit afgeleë dorpe in Tsjaad, verhale van mense wat gesaaides in oorvloed verbou. Daar is talle opbeurende verhale van plaaslike kerke wat hulle gemeenskappe sodanig bemagtig, dat hulle selfstandig en veerkragtig kan word.



Tans staar ons wêreld baie onsekerhede in die gesig, maar ongeag wat ons omstandighede is, is dit belangrik om te onthou dat ons God ons liefhet en na ons omsien. Dit is Hy wat vir ons sê: "Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie" (Matteus 14:27). Om hierdie rede kan ons moed hê as ons vrese vir die onbekende het, omdat ons op 'n alwetende God vertrou wat belowe het om by ons te wees oral waar ons gaan.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Empowered Church

Mense is meer as ooit daarvan bewus dat ons ten diepste aan mekaar verbonde is. Hierdie unieke tyd is 'n geleentheid vir ons om na te dink oor hoe ons in mekaar se lyding deel, om ons fokus op God te plaas en tot 'n roep...

More

Ons bedank Tearfund.org vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek: https://www.tearfundusa.org/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid